Van kinderbruid tot bobaastuinier
Wat as ’n droom begin het, het tot ’n welige plantegroeiprojek in die myndorp Arandis gegroei voor dié suksesvolle projek deur ’n watertekort kortgeknip is.
Die eienaar en voorsitter van die Day Dream Garden Institute, Elizabeth Makina, se kinderjare is vroeg van haar ontneem nadat sy as kinderbruid in die huwelik getree het.
Elizabeth het in die Kavango grootgeword en is uit haar pa se huis geneem om by haar ouma te gaan woon.
Ná haar pa se dood het haar ma ook by haar ouma ingetrek. As gevolg van die uiterste armoede wat hulle ervaar het, is Elizabeth in graad 7 uit die skool geneem om haar pligte as nou kinderbruid na te kom.
Vasbeslote om vir haarself ’n beter toekoms te skep, het sy voortgegaan om te leer lees en skryf en om vorms op haar eie in te vul.
Elizabeth het dikwels gedroom oor ’n tuin met vrugte en groente en het dit gesien as ’n teken om haar eie tuin te begin.
Dit was egter nie suksesvol nie en sy het besluit om haar man na Arandis te volg. Dit was hier waar haar droom uiteindelik vrugte sou afwerp en sedert 2006 is sy nie net ’n simbool van hoop vir die gemeenskap nie, maar skep ook werksgeleenthede vir vroue.
In Elizabeth se tuin groei pampoene, tamaties en spinasie tot groen en rooi soetrissies.
“Die tuin was ’n volslae sukses nadat ek ’n skenking van grond van die Arandis-dorpsraad gekry het om dit te begin en groente op groot skaal te produseer.
Die Rössing-stigting en die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) het ook bygedra tot die tuin se sukses. Danksy die inkomste wat sy uit die projek gegenereer het, kon Elizabeth haar kind se universiteitskoste betaal, terwyl dit haar ook in staat gestel het om tien bykomende vroue van die Arandis-kiesafdeling in diens te kon neem.
Haar sukses het egter soos die water opgedroog en sy moes noodgedwonge haar personeel laat gaan, terwyl sy probeer het om op haar eie die tuin aan die lewe te hou.
“Die waterskaarste is vir ons ’n uitdaging omdat dit die oeste beïnvloed en veroorsaak het dat die besigheid moet sluit,” sê Elizabeth.
Hoewel die uie een van die projek se beste verkopers is, erken sy die hoë waterrekeninge het tot finansiële struikelblokke gelei.
Sy het ’n beroep op die regering en die dorpsraad gedoen om die watertekort aan te pak en het die potensiaal van die projek uitgelig om geleenthede te skep te midde van ekonomiese uitdagings.
“Die bietjie geld wat ons uit die projek maak is nie genoeg om ons rekeninge te vereffen nie. Ons het kinders op universiteit om voor te sorg.”
Elizabeth het egter steeds werklose vroue genooi om by die projek aan te sluit en ook om tuinbou, kuns en kunsvlyt en ontwerp baas te raak om geleenthede te skep.
Sy het hulle aangemoedig om innoverend te wees en weg te bly van kriminele aktiwiteite.
Ten spyte van die uitdagings is Elizabeth hoopvol oor die toekoms van die projek.
“Ek het steeds baie hoop vir die projek en hoop om binnekort ook landbou te ondersoek.”
Haar “groen vingers” is danksy haar pa wat ook ’n suksesvolle boer was voor sy dood, sê sy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie