Stanley Hamaseb met sy handgemaakte vellies. Foto verskaf
Stanley Hamaseb met sy handgemaakte vellies. Foto verskaf

Van musikant tot skoenmaker

Tanja Bause
Die bekende Ma/gaisa-musikant Stanley Hamaseb, ook bekend as Ou Stakes, het sowat ’n jaar gelede begin om velskoene te maak.

“Ek moes iets aan die kant kry om te doen om brood op die tafel te kan sit. Musiek alleen is nie genoeg nie. Musiek sal altyd my eerste liefde bly. Ek het nou ook al die toerusting gekoop en my eie studio by die huis ingerig. Voorheen het ek mense betaal om my albums op te neem, nou doen ek dit self.”

Hy kan ook ander musikante help om hul albums op te neem.

“Ek raak ook ouer en ek is altyd opsoek na nuwe talent. Ons moet nuwe musikante ondersteun en help ontwikkel.”

Ou Stakes het Desember verlede jaar sy 14de album vrygestel.

“Die naam van die laaste album is Ta di tsâ (moet nie probeer nie).”

VELLIES

Sowat ’n jaar gelede het Stanley gesien hoe ’n vriend velskoene maak.

“Ek het hom noukeurig dopgehou en gekyk wat hy doen. Ek het besluit ek kan dit ook doen en begin om die basiese toerusting te koop om ’n paar te maak. In die begin was dit moeilik en ek het gesukkel. Met tyd het ek al hoe meer geleer en vandag kan ek vellies volgens ’n kliënt se spesifikasies maak.”

Volgens hom is sy grootste uitdaging leer en toerusting wat duur is.

“Vir Sea Side Leather Works se vellies gebruik ek verskillende kleure om kleurvolle reënboogskoene te maak. Die gekleurde leer is ongelukkig duurder, maar met elke paar skoene wat ek verkoop, kry ek ’n kliënt by en groei my besigheid.”

Stanley het een man wat vir hom help en saam kan hulle tot 15 paar skoene per dag met die hand maak.

Die velskoene is tans in Swakopmund, Hentiesbaai en Mariental beskikbaar.

“Ek werk en verkoop van my huis af omdat ek nog nie die huur kan bekostig nie. Ek het in die ander twee dorpe mense wat vir my die skoene verkoop.”

“Ons almal het ’n talent gekry om iets met ons hande te kan doen. Daar is altyd hoop, maar jy moet jouself druk om goed wat jy wil hê, te bereik. Jy moet weet wat reg of verkeerd is. Jy moet jouself van verkeerde dinge onttrek sodat jy iets van jouself kan maak.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!