Varkboer wat as sjef begin het
Begin besigheid met drie varke
Jonathan Freyer se pa het vir hom en sy broers van kleintyd af geleer hoe om te plant, te boer en selfs te slag.
“Varke is vreeslike intelligente diere wat goed na hul kleintjies omsien, minder arbeidsintensief is en sodoende insetkostes verminder. Die gevaar dat die diere gesteel gaan word in vergelyking met klein- en grootveeboere, is baie minder in my omgewing,” het Jonathan Freyer (34) van die varkplaas Porklands Keetmanshoop gesê.
Hy is in Windhoek gebore, maar is op Keetmanshoop getoë.
“Kort ná onafhanklikwording het ons gesin na Keetmanshoop verhuis waar my ma ’n onderwyseres was en my pa by die ministerie van sport begin werk het.”
Ná skool het hy kookkuns by die Capsicum School of Culinary Arts in Kaapstad gaan studeer.
“Ek het in 2012 as ’n sjef by die Schutzenhaus-gastehuis op Keetmanshoop begin werk.”
Hy moes die vars bestanddele vir die kombuis aankoop.
“Ek het in die kommersiële kombuis eerstehands ervaar hoeveel varkprodukte ons vanaf Suid-Afrika invoer. Ek het ook die swak gehalte van die ingevoerde produkte en vleis gesien en hoe dit ten duurste op die Namibiese mark afgedwing word.”
Jonathan het die gaping in die mark gesien en in 2020 Porklands Keetmanshoop geregistreer en in groot maat aan die publiek begin verkoop.
“As ’n varkboer het ek volle beheer oor die gehalte en tipe vleis wat ek vervaardig. Ek het ook as sjef gesien hoeveel kos ons in die land vermors en ’n varkplaas is ’n uitstekende manier om dié vermorsing te bestuur.”
HOEKOM VARKE?
”Ek is baie lief vir varkvleis, braai en om lekker kos voor te berei. My pa het op ’n baie jong ouderdom die veelsydigheid van varkvleis en witvleis vir my gewys en dit is iets wat my bygebly het.
“Die verskillende maniere hoe jy witvleis kan voorberei, het my altyd gefassineer. Jy kan dit pekel, rook, spitbraai en selfs in wors, ham en spek verwerk. Die moontlikhede is eindeloos. Varkvleis is ook op die oomblik die goedkoopste vleis op die mark.”
Boer en diere was nog altyd deel van Jonathan se lewe en hy onthou sy pa se skape en bokke waarmee hy geboer het.
“Daar was ook altyd hoenders en kalkoene op die erf, maar toe my pa in 1997 op klein skaal met varke begin boer het, was my belangstelling geprikkel. My pa het vir my en my broers van kleintyd af geleer hoe om te plant, te boer en selfs te slag.”
PORKLANDS
Jonathan het in 2014 op ’n kleiner skaal varkvleis aan sy vriende en familie voorsien voordat hy amptelik met Porklands begin het.
“Ek het met drie varke begin en vandag wissel die getalle tussen 20 en 30 wat elkeen die potensiaal het om 25 kleintjies per jaar te produseer, afhangend van verskeie faktore.”
Hy het sonder werkers begin om die kostes laag te hou en sy broers het hom ook kom help. Met die uitbreiding van sy besigheid in 2020, moes hy werkers aanstel. Vandag het hy drie voltydse en vyf seisoenale werkers in diens.
“Op die oomblik gebruik ons die slagpale in die dorp, maar ons beoog om binnekort ’n mobiele slagpale aan te skaf. Ons bied mense gerookte en ‘verjaarde’ snitte en spek aan en beoog om in die nabye toekoms ook salami, Russians en nog produkte by te voeg.”
’N DAG AS ’N VARKBOER
“Die eerste ding wat in die oggende gedoen moet word, is om seker te maak die watertoevoer na die hok werk en dat die water skoon is.
“Dan maak ek en my werkers elke hok skoon. Die mis word op die komposhoop gegooi en die vloere word gewas. Elke vark se voer – afhangende van gewig – word dan afgeweeg. Die varke kry elke oggend, middag en aand ’n porsie van dié afgeweegde voer. Elke vark word noukeurig dopgehou en ondersoek vir enige tekens van siektes.
“Dit is ideaal om die hokke ten minste een keer per dag skoon te maak, maar ons doen dit twee keer per dag om die reuk, vlieë en die risiko van peste te verminder.”
HOOGTEPUNT
Jonathan is een van die wenners van die Old Mutual Seed-inisiatief wat hy as die hoogtepunt van sy lewe beskou.
“Nie oor die prysgeld nie, maar die feit dat ek een van net nege wenners uit duisende Namibiërs is, is iets wat my baie selfvertroue gegee het.
“Ook die ondersteuning wat ek van die Keetmanshoop-gemeenskap kry, is wonderlik. Wanneer so baie mense in jou glo, is al die harde werk in die son en die moeilike tye op kantoor, die moeite werd.”
LAAGTEPUNT
“Veediefstal sal altyd ’n teerpunt bly. ’n Mens raak lief vir die diere wat jy met harde werk, insetkostes en jou eie twee hande grootmaak; en dan kom steel iemand hulle. Ons diere word wreed doodgemaak. Ek het in die laaste 18 maande drie sulke gevalle gehad. Nou werk ek baie nou saam met die gemeenskap om dié probleem hok te slaan.”
TOEKOMS EN RAAD
Jonathan wil graag eendag ’n varkplaas met nie minder nie as 300 varke besit; met sy eie slagpale, vleisverwerkingsaanleg en afleweringsvoertuie wat sy produkte landswyd en oor landsgrense versprei.
“Vir jongmense wat wil boer of ’n besigheid wil begin, kan ek net aanraai stel ’n sakeplan op en vergewis jouself met Bipa [Die Owerheid vir Sake- en Intellektuele Eiendom) se vereistes.
“Moet nie dat beginkapitaal jou terughou nie. Wees innoverend, dink groot en glo in jouself. Gebruik dit wat jy tot jou beskikking het. Daar is baie regerings- en nieregeringsorganisasies en ook die korporatiewe wêreld wat vir jong Namibiese SME’s ’n hupstoot wil gee, maar jy moet die eerste tree neem.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie