Veldfietse brul vir Andro
Henriette Lamprecht – Veld- en vierwielmotorfietse het die naweek behoorlik in die Suide gedreun tydens ’n spesiale geldinsamelingsgeleentheid wat die Desert Scorpion Off Road Club van Rosh Pinah vir die 16-jarige Andro Blaauw van Grootfontein gehou het.
Andro is met osteosarkoma, ’n tipe beenkanker, gediagnoseer. Andro en sy ma vertrek eerskomende Sondag na Kaapstad waar hy op 15 Maart ’n operasie onder leiding van prof. Keith Hosking ondergaan waartydens sy regter femur verwyder en ’n prostese-inplanting gedoen sal word.
Na afloop van die operasie sal Andro met sy chemoterapie voortgaan. Andro se operasie beloop N$800 000 wat volgens die buurland vooraf betaal moes word om te verseker dat dit voortgaan.
Danksy Rolf Hansen, die Kankervereniging van Namibië se uitvoerende hoof, se ingryping en suksesvolle onderhandeling met Andro se mediese fonds is die groen lig vir die operasie gegee. Fondse is steeds nodig vir bybetalings, sy daaglikse medikasie asook reis- en verblyfkoste.
Volgens Meyerine Smith van Desert Scorpion is ’n bedrag van N$115 700 ingesamel deur onder meer ’n spesiale veiling, terwyl verskeie besighede ook ruim skenkings gemaak het. Die klub bied Saterdag ook ’n kleiduif-kompetisie en nog ’n veiling ten bate van Andro se kankerfonds aan.
Vir meer inligting besoek die klub se Facebookblad Desert Scorpion Off Road Club, stuur ’n e-pos aan [email protected] of bel vir Meyerine by 081 497 9136. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie