Vellies vir oud en jonk
“Hierdie is jou dorp-toe-gaan-skoene,” verduidelik Willem Maritz, wat in 2016 begin het om velskoene van robleer op Hentiesbaai te maak.
Deesdae woon hy en sy vrou, Noelene, op ’n plaas in die Leonardville-omgewing waar al die masjinerie waarmee hy die vellies vervaardig deur sonkrag aangedryf word.
Willem het in 2007 terug na Namibië getrek en ’n paar vellies in Windhoek gekoop. Toe dié winkel egter sy deure sluit het hy besluit om self die eg Namibiese produk te vervaardig.
“Ek dink dit is een van daardie produkte wat mens eintlik net hier kan kry. Ek dink nie hulle slag robbe in Suid-Afrika nie; dit is net hier in Namibië wat hulle dit doen. So ek het toe oor ’n lang tydperk en met baie geduld begin om die toerusting en masjinerie aan te skaf.
“Ek is bang vir skuld, so ek het maar as ek ’n ekstra geldjie gehad het van die masjiene aangekoop,” sê hy.
Willem het tot omtrent twee jaar gelede sy vellies op Hentiesbaai – waar hy gewoon het – uit ’n blou vraghouer verkoop.
Nadat hy opleiding in Windhoek ontvang het en uiteindelik gereed was om skoene te begin maak, was sy eerste uitdaging om aan die masjinerie gewoond te raak.
“Die nywerheidsmasjiene wat mens gebruik werk met ’n koppelaar, so hoe harder jy trap, hoe vinniger stik hy. Aan die begin was dit moeilik om die gevoel te kry,” sê hy.
Wanneer jy die masjiene bemeester het, beteken dit egter nie dat jy die punt bereik het waar jy kan sê dat jy skoene kan maak nie, verduidelik Willem.
“Eers ’n jaar later kan jy sê dat jy ’n behoorlike paar skoene kan maak,” sê hy.
Hy verduidelik dat robleerskoene, hoewel dit nog duursaam is, oor die algemeen nie so lank hou soos skoene wat van beesleer gemaak word nie.
“Beesleer is taaier. Jy gaan nie met jou Mercedes-Benz in die bosveld rondry nie – hierdie is jou Mercedes-Benz. Die robleer hou ook lank, maar nie so lank soos die beesleervellies nie. Hierdie is meer vir dorp toe gaan,” sê hy.
Willem sê mense reageer positief op sy vellies.
“Ons het nog nooit ons produk geadverteer nie. Almal wat van ons gehoor het, is mense wat by ons gekoop het en toe vir hulle mense vertel het. Ons gee altyd die lof en eer aan ons Hemelse Vader vir die werk,” sê hy.
Willem hoop om in die toekoms meer aktief by sy boerdery betrokke te raak.
“Ons het ’n paar skape en bokke hier op die plaas, maar ons maak steeds al ons inkomste uit die skoene,” sê hy. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie