• Tuisblad
  • Mense
  • ‘Verskilmaker’ Esperance op gesogte Forbes-lys
Dr. Esperance Luvindao se One Step At A Time help met die finansiering van medikasie by staatshospitale wat uit voorraad is. FOTO VERSKAF
Dr. Esperance Luvindao se One Step At A Time help met die finansiering van medikasie by staatshospitale wat uit voorraad is. FOTO VERSKAF

‘Verskilmaker’ Esperance op gesogte Forbes-lys

Aan stuur van One Step At A Time-inisiatief
Dr. Esperance Luvindao sê haar inisiatief is "'n plekhouer" en nie 'n permanente oplossing nie, maar dit gee aan pasiënte 'n kans vir oorlewing.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Haar inisiatief het tot op hede duisende Namibiërs gehelp wat in uiterste armoede woon en het bewys inwoners van Afrika het die krag in hulle om verandering te beïnvloed.

Danksy dr. Esperance Luvindao se inisiatief, One Step At A Time, kon van die mees kwesbare pasiënte onder meer broodnodige chroniese medikasie kry wat nie by staatshospitale in die land in voorraad is nie.

Buiten dat sy vroeër vanjaar die Point of Light Award 2022-toekenning van koningin Elizabeth II ontvang het vir haar bydrae tot gesondheid, is Luvindao nou ook deel van die gesogte Forbes 30 Onder 30-lys.

“Om deel hiervan te wees, is ’n reusemylpaal in my loopbaan. Dit spreek tot die werk wat ons gedoen en die mense wat ons geraak het,” het sy gesê.

Sy het haar mediese graad aan die Universiteit van Namibië (Unam) verwerf, het ’n MBA in die bestuur van gesondheidsorg en is ook ’n gesogte openbare spreker en afrigter vir openbare redevoering.

’n Emosionele Luvindao het erken sy “is oorweldig” deur haar toevoeging tot vanjaar se Forbes 30-lys.

“Ná al die lang dae, slapelose nagte en oomblikke van selftwyfel en wonder of die werk wat ons doen net ’n paar en nie naastenby genoeg mense raak nie! Dus beteken dit die werk wat ons daagliks doen, om seker te maak een of twee mense kry toegang tot beter gesondheidsorg, máák ’n verskil!,” het sy gesê.

Volgens Luvindao het sy “geen liefde” vir openbare gesondheid gehad nie, totdat sy by die Onandjokwe-staatshospitaal in die noorde van die land begin werk het.

“’n Doel is werklik een van die lewe se mees bepalende dog komplekse take. Ek glo nie dat dit in een oomblik of een dag gevind word nie. Ek glo dit is ’n reis.”

Luvindao se inisiatief, One Step At A Time, fokus onder meer op gratis mediese raad en stelsels vir seksuele en reproduktiewe gesondheid om gehalte-gesondheidsorg te verseker.

Sy beklemtoon gesondheid behoort ’n land se eerste prioriteit te wees, maar dat die huidige stand van staatshospitale in Afrika, ’n “hartseer werklikheid in die meeste lande”, rede to kommer is.

MEDIKASIE ONVOLDOENDE

“Pasiënte word sonder noodsaaklike medikasie, vir van asma en hoë bloeddruk, huis toe gestuur. “

Volgens Luvindao is haar inisiatief “’n plekhouer” en nie ’n permanente oplossing nie, maar gee dit aan pasiënte ’n kans vir oorlewing, terwyl ons baklei dat die openbare gesondheidsektor ’n prioriteit word.”

Die uiteindelik doel is om alle staatshospitale en gesondheidsgeriewe te help die oomblik wanneer die inisiatief se fondse uitbreiding toelaat.

One Step At A Time help met die finansiering van medikasie by staatshospitale wat uit voorraad is, maar wat vir die gesondheid of oorlewing van pasiënte benodig word. Die inisiatief word op ’n intekenbasis bestuur, met intekenaars wat maandeliks ’n minimum van N$5 in die amptelike rekening betaal wat vir die finansiering van die medikasie sorg.

Luvindao en dr. Iyaloo Shiimi (raadslid) moet albei teken voordat enige transaksie goedgekeur word.

Die doel van die inisiatief is volgens Luvindao om te verseker pasiënte in staatshospitale in Namibië, maar later ook oraloor suidelike Afrika, het betyds toegang tot alle noodsaaklike medikasie ongeag hul maatskaplike of werkstatus.

“Die langtermyndoelwit is om uiteindelik in staat te wees om pasiënte met duurder mediese behoeftes te help soos die inisiatief ontwikkel.”

Sy is trots op die inisiatief en die groei wat sy reeds gesien het, sê Luvindao.

“Ons is die verskilmakers van hierdie generasie en dit rus op ons skouers om nie net voorbrand te maak nie, maar ook met maniere vorendag te kom wat terselfdertyd lewens red.”

Sy het beklemtoon gesondheid is die reg van elke mens, ongeag sy of haar sosioëkonomiese status.

“Maak nie saak waar ek vandaan kom nie, ek verdien ’n skoon bed, die korrekte medikasie en voldoende geriewe wanneer ek siek is.”

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 33° Oshakati: 23° | 32° Ruacana: 20° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 23° | 31° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 26° | 39° Keetmanshoop: 25° | 40° Aranos: 26° | 39° Lüderitz: 19° | 31° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 24° | 37° Lubumbashi: 15° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 23° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 23° | 31° Cape Town: 20° | 28° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 32° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 16° | 28° #REF! #REF!