Vind jou 'groove' met Jared en Rudy
“Ons glo dat musiek die krag het om mense op te hef, te inspireer en bymekaar te bring en ons streef daarna om by te dra tot die groei en sukses van die Namibiese vermaaklikheidsbedryf.”
Só vertel die eienaars van die unieke winkel, The Groove Boutique, wat onlangs sy deure in die hoofstad geopen het en daarmee saam ’n nuwe wêreld van hoëgehalte-klanktoerusting vir platejoggies en musiek-entoesiaste, asook ’n indrukwekkende versameling vinielplate vir elke musieksmaak.
Met meer as 35 jaar se gesamentlike musiekervaring, is The Groove Boutique die hoogtepunt van die platejoggies Jared Geyser en Rudy Adams se passie en kundigheid in die bedryf.
“Deur ons ervaring het ons die evolusie van die Namibiese vermaaklikheidsbedryf aanskou en die behoefte aan ’n winkel raakgesien wat toegang bied tot topgehalte, wêreldbekende handelsmerke,” vertel die duo.
The Groove Boutique is in Prosperita in die hoofstad geleë en met die winkel fokus Jared en Rudy op verskeie musiekgenres.
“By The Groove Boutique verstaan ??ons die belangrikheid van musiek om onvergeetlike ervarings te skep.
“As kundiges in die bedryf poog ons om ons kliënte van die hoogste gehalte produkte en uitsonderlike diens te voorsien.”
The Groove Boutique se vinielversameling spog met ’n wye verskeidenheid genres en sluit talle bekende kunstenaars soos Solomun, Amelie en &ME in en strek van rock tot reggae.
“Of jy nou op soek is na daardie ikoniese album of jou volgende soniese obsessie, ons het jou.”
ONDERSTEUN PLAASLIK
Buiten vir Jared en Rudy se aansteeklike passie vir musiek, ondersteun en bevorder hulle graag plaaslike musikante en platejoggies.
“Ons glo in die krag van tuisgekweekte talent en is daartoe verbind om dit ten toon te stel.”
Dit is in hierdie gees wat The Groove Boutique met groot opgewondenheid op hul sosialemediaplatforms gedeel het dat die talentvolle Diolini Uiras onlangs haar vinielplaat Butterfly Echo na die winkel gebring het.
Dit is nou in hul winkel, asook aanlyn beskikbaar.
Jared en Rudy nooi ook ander plaaslike kunstenaars om met hulle te kontak indien hulle ook hul vinielplate in The Groove Boutique wil vertoon. Kunstenaars kan hulle by [email protected] kontak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie