Vir elke skoolkind 'n sak
In ‘n klein huis in Orwetoveni in Otjiwarongo sit Denfielde Kefas beter bekend as Denny agter haar naaimasjien waar sy besig is om nog een van haar unieke rugsakke te skep.
Denny is in die noorde van die land gebore en in 2008 het ‘n vrou haar geleer om klere te maak.
Op soek na 'n beter lewe het sy Otjiwarongo toe getrek. In 2019 het sy by die Togo Boubou-akademie in Nigerië vir ‘n aanlyn kursus in die maak van sakke ingeskryf.
“Ek het die kursus voltooi en my diploma gekry. Ek maak nou sewe verskillende sakke. Ek het in Augustus 2023 my besigheid Denny’s Investment cc begin nadat ek by dieselfde plek ook geleer het hoe om skoene te maak.”
Haar passie is die maak van rugsakke, veral vir skoolkinders.
“Ek het al so baie sakke vir skoolkinders gemaak dat ek opgehou tel het. Hulle kom in verkillende kleure en groottes. Die kliënt kan ook hulle eie keuse en wense vir my gee, ek sal die sak daarvolgens maak. Baie kliënte bring ook vir my foto’s van hoe ‘n sak of handsak moet lyk en dan maak ek dit.”
Denny maak en ontwerp ook steeds klere, hoewel die maak van die rug-en handsakke en skoene vir haar die lekkerste is.
“Ek kan ook bv. ‘n rok ontwerp en maak en dan maak ek ook die skoene, handsak en ander bykomstighede soos bypassende oorbelle of ‘n haarband,” het sy gesê.
Denny het tans een vrou wat vir haar werk en haar grootste droom is om nog naaimasjiene aan te koop en uit te brei.
“Ek wil meer vroue werk gee. Ek is tans ook besig om vroue uit die omgewing te leer hoe om sakke en klere te maak in die hoop dat hulle ‘n bestaan kan maak.”
“Om ‘n besigheid te hê, is harde werk, maar dit is beter as om te sit en wag dat die regering jou help. Dit is baie beter om vir jou eie geld te werk as wat jy wag dat iemand jou help.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie