Vir ’n happie langs die see
Smullekker kos uit ’n trok
Een van dié kostrokke langs die kus, die Cartel, bedien die heerlikste burgers en 'n paar Mexikaanse disse.
Wat is nou lekkerder as om die vakansie langs die see te stap? Maar dan is daar altyd die hongerpyne wat onverwags begin knaag.
Gelukkig is daar volop kostrokke in Swakopmund. Een van dié kostrokke, die Cartel, bedien die heerlikste burgers en ’n paar Mexikaanse disse.
Johan Swart, hoof Señor van die Cartel, sê hulle maak seker jy kom terug vir nog.
“Die klem hier is om lekker kos vinnig te kan verskaf. Dis vakansie en daar is goed om te doen en dinge om te sien,” lag hy.
Johan het die Cartel 18 maande gelede gekoop.
“Die burgers was reeds op die spyskaart, maar ek wou bietjie meer opsies beskikbaar hê vir ons gaste en sluit nou onder meer buritos en tortillas in. Daar is ook ’n verskeidenheid van vulsels om van te kies.” So of jy nou ’n vleiseter, vegetariër of vegan is, hier is iets vir almal. “Ek wil vir die picky eater iets kan maak sodat hulle terugkom en weer bestel, daarom is opsies vir my so belangrik.”
Hy het opgemerk die plaaslike inwoners hou van hulle burgers en dat besoekers meer waaghalsig is en eerder iets Mexikaans sal bestel.
Die trok was reeds volledig ingerig en spog met ’n kombuis wat alles bied wat jy nodig het. Hoewel die trok wiele het, kan dit altyd op dieselfde plek gevind word: Strandstraat, Swakopmund. Maar indien jy ’n funksie het en nog wonder oor die spyskaart, kan die Cartel na jou toe ry. “Ons het onlangs ’n funksie gedoen en 100 burgers binne ’n uur gemaak. Ons span kan.”
“Straatkos is iets wat regtig in Swakopmund vlamgevat het, van vis en tjips en burgers tot iets vir die soettand,” sê hy.
En dit is ook nie net langs die see te sien nie.
“Hier kan jy regtig iets kry om te eet al is jy net op pad huis toe.” Volgens hom is dit deel van hulle kultuur en iets wat ontbreek in ander dorpe.
Johan het volle vertroue in sy span. “Ek hoef nie oor hulle skouers te loer nie. Hierdie mense is die hart van die Cartel. Hulle weet wat aangaan, maak lekker kos en lewer ’n goeie diens.”
Moses Muningirua het ’n heerlike burito aanmekaar geslaan.
“Ek werk lekker hier. Dis lekker om vir ander mense kos te maak,” sê hy. En hy is nie skaam om voorstelle te maak as jy bestel nie.
“Ek dink ’n avo daarby gaan hom top notch maak,” lag hy. Hy was nie verkeerd nie.
Johan wens almal ’n geseënde Kersfees toe. “Die weer is lekker. Die son skyn. Kom maak ’n draai as daai hongerpyne knaag, ons is die hele Desember hier.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie