Vir ’n potplant en ’n sny koek

Yolanda Nel
As jy groen vingers het en weet hoe om plante aan die lewe te hou, is die Swakop Flora Nursery die plek vir jou.

Hier sal die eienaar, Herman Klose, jou gou touwys maak oor hoe om ’n suksesvolle tuin in die gemak van jou eie huis te kweek.

“Jy moet begin met baie geduld,” vertel hy en voeg by dat die onderhoud van jou tuin baie tyd verg. “Jy sal moet aandag gee, alles gaan nie vanself gebeur nie.”

Hy verduidelik daar is baie sout in die grond en daarom is dit belangrik om bykomende voeding vir plante te gee.

“Sout is glad nie goed vir plante nie. Gee elke maand ekstra kompos en sny enige dooie blare af, dan sal die plant lank lewe.”

Herman het die kwekery in Mei verlede jaar oorgeneem. Hy het op ’n plaas grootgeword en vertel sy vrou het nog altyd groen vingers gehad.

“By ons huis het ons ons eie kweekhuis begin en ek het ’n passie vir tuinmaak en groente kweek ontwikkel.”

Toe die geleentheid om die kwekery te koop oor hulle pad kom, was daar nie ’n oomblik van twyfel nie. “Ons moes dit doen.”

Dis vir hom baie ontspannend om buite in die natuur te kan werk.

“Ek wou hê my kliënte moet dit geniet om kwekery toe te gaan. Daarom was dit ’n natuurlike tweede stap om ’n koffiewinkel te open,” verduidelik hy. Hier kan kliënte nou lekker sit en ’n beker warm koffie en selfs ’n soetigheid geniet.

Herman vertel hulle het onlangs ’n tannie van Swakopmund se 102de verjaardag by die kwekery gevier en dit was heerlik om haar met ’n sny vars kaaskoek te bederf.

Swakop Flora Nursery is die ideale plek vir die hele gesin, waar die kinders kan speel terwyl die mammas en pappas bietjie kan terugsit en teug aan ’n koppie koffie.

Of jy op soek is na potplante of net ’n bietjie natuurskoon wil beleef terwyl jy sit en asemskep, is dié kwekery die perfekte plek vir jou.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!