SAD: Elizabeth Joseph in her wheel chair after having lost a leg and a arm.
SAD: Elizabeth Joseph in her wheel chair after having lost a leg and a arm.

Vrou leef steeds in pyn ná slangbyt

Enzo Amuele,Tanja Bause
Enzo Amuele op Ondangwa – Nadat sy in 2015 by die Omafo-nedersetting in die Ohangwenastreek deur ’n slang gepik is, is Elizabeth Joseph se lewe ’n nagmerrie.

Sy het haar linkerarm en -been weens die slangbyt verloor. Die 43-jarige se regterbeen is ook nou geswel en word swart, en sy het voortdurend pyn wat haar slapelose nagte besorg.

“Ek slaap nie, ek voel pyn oor my hele liggaam. Dit is asof daar iets in my liggaam brand, ek kan nie meer die pyn verduur nie,” het Josef gesê.

Sy het by ’n plaaslike herwinningsmaatskappy in Omafo gewerk en sy was die dag besig om materiaal te sorteer toe sy die byt gevoel het.

“Ek het my toesighouer onmiddellik daarvan vertel en hy het volgehou ’n muis het my gebyt, en gesê hy sal my nie toelaat om hospitaal toe te gaan nie. My kollegas het my hospitaal toe gevat en ek is opgeneem.”

Sy het gesê haar linkerarm is verskeie kere geopereer en dit het tot ’n punt gekom waar haar arm geamputeer moes word. Dit het ook na haar linkerbeen versprei wat toe ook geamputeer is.

“Ek het my linkerarm in 2017 verloor en my linkerbeen in 2018, en my regterbeen gee my nou probleme.”

“Die lewe het moeilik geword, aangesien ek nie meer vir myself en my kinders kan sorg nie.”

Joseph sê sy moet soms die pyn vir die kinders wegsteek sodat hulle nie bekommerd raak nie. Die ma van vier sê sy is dankbaar vir haar maatskaplike toelae wat sy van die regering ontvang, maar dit is nie genoeg vir hulle by die huis nie.

“Ek het vier kinders, maar ons is nege by die huis, sommige is my susterskinders, maar ons is almal afhanklik van my maatskaplike toelae wat nie genoeg is nie,” het sy gesê.

Joseph het gesê dokters by die Oshakati-staatshospitaal het gesê daar kan niks aan haar regterbeen gedoen word nie en dat sy nie die hospitaal moet besoek nie. Sy moet eerder na die naaste hospitaal gaan.

John Hango, die direkteur van gesondheid in die Ohangwenastreek, kon egter nie kommentaar lewer nie en sê slegs spesialiste wat baie skaars is, kan spesifieke inligting gee oor wat in ’n mens se liggaam gebeur ná ’n slangbyt.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!