Vrou ryloop die wêreld vol
“Ek is gebore met ’n droom om die wêreld te verken en in 2015 het ek besluit dit is nou tyd. Ek het sowat N$3 650 in my sak gehad en gedink ek sal ’n kort reis na Peru se buurlande, soos Bolivia en Argentinië onderneem. Ek het egter aangehou reis en dit is nou meer as ses jaar later.”
So sê Stefany Anicama (29), of Luna, soos sy verkies om genoem te word.
Sy is die vrou wat tans in die Suide ryloop, en Namibiërs wat gewonder het, kan gerus vir haar ’n saamrygeleentheid aanbied en ’n geselsie oor haar ses jaar lange wêreldreis aanknoop.
Luna het al sowat 45 lande besoek waarvan 15 in Afrika is. Sy het twee jaar gelede Afrika deur Egipte binnegekom en reis nog steeds op die vasteland.
“Ek was ook al op sommige van die Karibiese eilande. Ek het saamrygeleenthede op seilbote gekry om soontoe te kan gaan. Ek vermy vlieg so ver as moontlik, en reis meestal oor land en op see.”
Sy gebruik die sosiale media om oornagverblyf in dorpe en stede te kry.
“Ek maak hoofsaaklik van CouchSurfing gebruik en ek is dankbaar aan al die mense wat hul huise vir my oopgemaak het. Ek het op dié manier talle vriende oraloor die wêreld gemaak.”
CouchSurfing is wanneer reisigers in die sosiale media sê hulle kom na ’n dorp toe en dan bied mense hul rusbank of ’n bed gratis vir hulle aan om te oornag.
Dié tipe oornagverblyf neem wêreldwyd toe en is gewild onder veral jongmense. Dié mense doen gewoonlik klein takies soos skottelgoed was, in ruil daarvoor om op die bank of bed te oornag.
Luna het Namibië op 6 Oktober via die Nakop-grenspos binnegekom
“Ek het vanaf Upington gekom en was gelukkig om ’n saamrygeleentheid met ’n koerier tot in Keetmanshoop te kry. Dit was my eerste stop in Namibië.”
Luna reis op haar eie deur die suide van die land en sy hoop om iewers met haar kêrel – wat ook ’n reisiger is – herenig te word.
“Ons het verskillende paspoorte. Dit beteken verskillende visumvereistes en ons kan dus nie altyd saam in lande toer nie. Ek hoop hy kan by my aansluit en dat ons sentraal-Namibië en die Noorde saam kan aanpak.”
Sy het baie van Namibië en sy mense van ander avonturiers en reisigers gehoor.
“Ek kan nie wag om die pad te vat en om die natuurskoon en plekke soos Sossusvlei, Sesriem, Swakopmund, Windhoek, Etosha en Opuwo te sien nie. Ek kan nie wag om julle te ontmoet nie en om stories uit te ruil, om drome te deel en egte konneksies te vorm; dit is wat ek die meeste van my reise geniet. Ek wil deel en luister, want daar is altyd iets wat ons van mekaar kan leer.”
Volgens Luna is een van haar hoogtepunte dat sy die menslikheid oraloor die wêreld kon ervaar, werklike konneksies met mense kon maak, afgesien van die grense van tale, godsdiens, tradisies en kulturele verskille.
“Om te reis beteken baie vir my. Dit gaan nie net om plekke te besoek en te sien nie, maar om ’n plek deur die oë van sy eie mense te sien en te beleef.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie