Vroue durf staproete in Nederland aan
220 kilometer in 12 dae
Susan Alexander (69) en Erina Junius (70), twee avontuurlustige vroue, stap die wêreld vol.
“Na jou skoene is jou stapmaat die belangrikste wanneer jy ’n lang staproete beplan. Jy kan nie saam met iemand gaan stap met wie jy nie dag in en dag uit saam kan wees nie. Julle is die hele tyd inmekaar se geselskap. Dit moet iemand wees met wie jy goed kan deel en by wie jy ook kan kla as jy ’n blou dag het,” het Susan Alexander (69) gesê.
Sy en Erina Junius (70) het onlangs die Pieterpad in Nederland met ’n afstand van 220 kilometer in 12 dae voltooi.
SUSAN ALEXANDER
Susan is in Brakpan in Suid-Afrika gebore en haar familie het toe sy 12 was na Namibië verhuis.
“Ek was op Lüderitz in die laerskool en het my hoërskoolloopbaan op Keetmanshoop voltooi. Ná skool het ek my honneursgraad in letterkunde en my onderwyskwalifikasie verwerf en op Walvisbaai begin skool hou. Daarna het ek skool op Opuwo gegee voordat ek by die Windhoek-onderwyskollege begin werk het. Ek het Afrikaans by die kollege vanaf 1982 tot my aftrede in 2018 gegee.”
ERINA JUNIUS
Sy is in Belville gebore en het ook daar skoolgegaan.
Ná skool het sy ’n graad in sielkunde, musiek en onderwys verwerf en in die Kaap musiekonderrig begin aanbied.
“Die Konservatorium het in Windhoek geopen en ons het getrek. Ek het daar begin musiek aanbied. Ek het daarna onderwyskollege toe geskuif en in 1986 vir Susan ontmoet. Ek het by die Kollege van die Kunste begin werk waar ek ook die rektor was tot ek in 2013 afgetree het. Ek het daarna onmiddellik by die Universiteit van Namibië begin klas gee; iets wat ek tot vandag toe nog op ’n deeltydse basis doen. Ek is ook nog ’n kerkorrelis.”
STAP
Die vroue stap reeds vanaf die middel van 1990 elke Saterdag.
“Nadat ons so ’n rukkie gestap het, het ons die mal idee gekry om die Visrivier saam met ons kinders te gaan stap. Ons was vyf vroue en sewe kinders waarvan net een vriendin al dié staproete gestap het. Twee van ons seuns was in graad 11. Dit het beteken hulle kon kaart lees en ons het by die eindpunt uitgekom,” het Erina gesê.
Van daardie tyd af het die twee vroue probeer om elke tweede jaar ’n groot staproete aan te pak.
“Ons het die Augrabies en al ’n paar keer die Waterberg gaan stap. Ons het ook die Namakwaland-staproete van 101 kilometer voltooi. Ek het myself jare terug belowe wanneer ek 60 word, wil ek die camino in Spanje stap. Namakwaland was om te kyk of ek vir vyf dae elke dag 20 kilometer aaneen kon stap. Dus het ek die camino in 2013 in Spanje gestap,” het Susan gesê.
Beide vroue het ook al talle kere die Walvisroete gestap.
PIETERPAD
Susan en Erina het gevoel hulle is skuins duskant 70 en op 70 steeds sterk en fiks genoeg om ’n langer staproete te kan stap.
“Ons stap elke Saterdag, so ons is stapfiks. Ek wou iets anders as die gewone staproete stap en ook iewers waar die taalverskil nie ’n probleem is nie. Ons navorsing het ons toe na Nederland en die Pieterpad gevat,” het Erina gesê.
Die roete is so uitgewerk dat die dorpe ongeveer 20 kilometer uit mekaar is. Die grootste verskil tussen die camino in Spanje en Portugal is daar is geen herberge langs die roete nie.
“Jy moet privaat oornagslaapplek reël en dit is hoe ons op ’n Nederlandse groep ‘Vrienden op de fiets’ afgekom het. Dit is mens wat in elke dorp ekstra kamers het en dit vir die nag uitverhuur. Jy kry dan die volgende oggend ontbyt. Ons het dit gedoen en by die wonderlikste mense oornag,” het Erina gesê.
ANDRé RIEU
Voordat hulle nog met hul navorsing begin het, het hulle besef hulle kan dalk ’n André Rieu-konsert bywoon.
“Ek het op die internet gaan kyk en hy het ’n konsert in die tyd gehad wat ons min of meer aan gedink het om te gaan stap. Ons het onmiddellik kaartjies gekoop. Die konsert was op 7 Julie en ons het rondom dié datum begin beplan. Ons wou klaar stap en dan met die konsert afsluit,” het Susan gesê.
“Ons het vanaf Maastricht teruggewerk en uitgewerk hoe lank dit sal neem om tot in Nederland en terug te reis, en alles het perfek uitgewerk,” het Erina gesê.
PADAANWYSERS
Die Pieterpad word met wit en rooi tekens aangedui en stappers moet op die uitkyk wees vir dié tekens wat aan lamppale, padtekens of in die woud aan bome vasgemaak is.
“Met die tekens word jy soos ’n projektiel was op hitte in ‘zoom’. Jy is die hele tyd op die uitkyk vir hulle. Jy kan boeke koop wat die pad in die fynste besonderhede beskryf. Ons het nie die boek gekoop nie en dus was ons die hele tyd op die uitkyk vir die tekens. Dit het beteken ons het die hele tyd die omgewing dopgehou. Ons het mense teëgekom wat net in die boek gekyk het en die rêrig die omgewing waargeneem het nie,” het Erina gesê.
INDRUKKE
“Ek het geweldig baie indrukke wat my bybly. Die gevoel van veiligheid is een. Baie dae was ons die enigste mense op die staproete, en nooit het ons onveilig of benoud gevoel nie. Die kontras met ons klimaat, omgewing en plantegroei is nog een. Ek dink dit is wat my in die eerste plek na Europa toe aangetrek het; die sagtheid, groenigheid, die water en die rustigheid wat dit in ’n mens skep,” het Erina gesê.
“Vir my was dit wonderlik aangesien die taalverskil nie ֹ’n probleem was nie. So baie mense was aangenaam verras wanneer ons Afrikaans gepraat het. Hulle het gedurig gevra: ‘Waarom verstaan ons julle?’ Ons het selfs probeer om ons aksent aan te pas en natuurlik leer jy ’n paar woorde aan wat jy dan self gebruik. Ons het heerlike gesprekke met ons gashere in Afrikaans gevoer,” het Susan gesê.
RAAD
“Ek praat nou uit die perspektief van ’n ouerwordende persoon. Stel vir jou ’n doel om betekenis in jou lewe te gee. Dit maak nie saak hoe klein dit is nie. Leer iets nuuts, veral daardie dinge wat jy gedink het buite jou bereik is. Doen dit. Jy het al die vaardighede en ervaring om iets aan te pak,” het Erina gesê.
“As jou droom jou nie bang maak nie, dan is dit nie groot genoeg nie. Jy moet ’n droom hê. Wanneer jy wakker word moet jy dink: ‘Sjoe, nog net drie weke of vyf dae dan gebeur dit of daai’.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie