Vrouespan kook ’n storm los
Drie jong Namibiese sjefs – Elizabeth Isai (21), Wilka Angula (24) en Lize van der Merwe (20) – het die naweek vanaf Abu Dhabi teruggekeer waar hulle tydens die Wêreldkongres vir Sjefs om die Kulinêre Afrikabeker meegeding en brons huis toe gebring het.
Ses lande het deelgeneem en die Namibiërs was die enigste vrouespan. Brons beteken hulle het tussen 70 en 80 punte uit 100 behaal. Egipte is eerste geplaas, gevolg deur Katar en Suid-Afrika.
Sjef Yannick Schweighardt was die spankaptein.
“Ek en die land kan ongelooflik trots op die span wees. Dis die eerste keer vir al drie dat hulle in ’n vliegtuig geklim het, dat hulle die land verlaat het, asook die eerste keer dat hulle aan ’n internasionale kompetisie ’n span deelgeneem het. Al hierdie uitdagings en hulle het nog steeds brons gekry en dis merkwaardig.”
Volgens Van der Merwe was sy ’n paar dae voor die vertrek erg op haar senuwees.
“Ek dink dit was oor my eerste vlug, eerder as oor die kompetisie. Ek het die aand voor die kompetisie soos ’n baba geslaap en die volgende dag het alles goed verloop. Die ergste was die laaste paar minute wanneer jy alles moet klaarkry en op die bord kry. Alles wat jy die hele jaar geoefen en geleer het, kom neer op daai paar minute, op die een punt wat aan jou toegeken word,” het sy gesê.
Volgens Angula is sy baie trots op haar span.
“Lize woon in Swakopmund en sy het amper elke naweek Windhoek toe gekom sodat ons kon oefen. Ons het as ’n span aan ons tekortkominge gewerk en toe dit tyd was vir die kompetisie het ons het besluit: Meisies, dis soos ons dit geoefen het en daar is niks om oor te stres nie. Ons het soos een gewerk.”
Die sjefs het saam met Schweighardt hul spyskaart opgestel. Hulle moes tradisionele bestanddele gebruik en ook kook met hoender wat deur die kompetisie se organiseerders geskenk is.
“Vir die voorgereg het ons vis met ’n biltongkors, met bone en ’n pepersous voorberei. Niemand het nog daaraan gedink om vis met biltong voor te berei nie, maar met die leierskap van sjef Yannick het ons ’n goeie dis gehad,” het Angula gesê.
Isai voeg by: “Vir die hoofgereg het ons hoender ontbeen en met spinasie gevul. Die bene het ons met omajova gevul. Ons het dit bedien met mahangu-vetkoek, salsa en botterskorsies.”
“Nagereg was onder meer ’n mahangu en lemoen-koek, ’n beet koek, beetmousse, Oshikandela-parfait en omahuku (maroelaneut)-krummels,” het Van der Merwe gesê.
Al drie stem ooreen dat die geleentheid hul denke oopgemaak het, hulle aan die wêreld en kos blootgestel het en hul planne vir die toekoms versterk het.
“My liefde vir kos het ek van my pa gekry. Hy is van Duitsland en was daar ’n sjef. Die eerste ding wat hy my geleer het, was om ’n pizza te maak en vandag nog leer hy my en ons kook saam. Ek gaan vir drie jaar in Duitsland leer en dan wil ek graag ’n Afrika-restaurant daar oopmaak,” het Isai gesê.
“Ek het my passie vir kos en kosmaak van my familie gekry. Ek onthou hoe my ma en tannies altyd saam met ouma in die kombuis besig was. Wanneer jy in die kombuis ingesluip het, het hy altyd met iets lekkers uitgekom. Wanneer jy by die tafel aansit en daai warm gevoel van geluk kry – dis wat ek vir mense en my kliënte wil gee. Daai warm gelukkige gevoel wanneer jy jou eerste happie van lekker kos vat.
“Ek wil ook in Duitsland gaan verder leer en dan wil ek terugkom en die volgende jong sjefs oplei, mentor en regkry vir die volgende Kulinêre Afrikabeker.”
Van der Merwe vertel: “My ouers het ’n gastehuis en my oupa ’n plaas. So, alles rondom die maak en vervaardiging van kos was nog altyd deel van my lewe. Ek het al vroeg op skool besluit om meer daarmee te maak en kookklasse ná skool en in die aande geneem.
“Ek het nou my eie besigheid in spyseniering, maar ek wil die wêreld gaan sien en beleef. Ek wil dan al die kennis wat ek opgedoen het terug Namibië toe bring en hier gebruik en vir ander leer. Ek wil siel kos voorberei want ek glo dat jy die liefde kan proe waarmee die kos voorberei is.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie