Vuil dromme sit kos op tafel
“Jy sien ’n groen vuil asdrom. . . ons sien ’n brood, kos op ons tafel,” het Lucy Rocco (35), eienaar van Windhoek Wheeliebin Cleaners, gesê.
Sy beskryf haar besigheid as ’n Covid-baba.
“Gedurende die Covid-tyd moes ons alles gedurig ontsmet. Dit is waar die idee ontstaan het.
“Ek het gedink mense kan hul vullisdromme op die sypaadjie los en ek en my span sal kom en dit skoonmaak en ontsmet. Wanneer jy by die huis kom, kan jy net die skoon vullisdrom in jou erf instoot. Die munisipaliteit se werkers vat aan baie asdromme gedurende die dag voordat hulle by jou drom uitkom en in daardie tyd kon Covid so versprei het. Ek het in 2021 met die besigheid begin.”
Sy het met twee werkers begin en het tans drie soos die besigheid stadigaan groei.
“Op die oomblik was ons die vullisdromme by huise, maar ons het die kapasiteit om vullisdromme by woonstelblokke of inkoopsentrums ook te was. Ons bied pakkette aan - vir drie, ses of 12 maande. Of twee keer per week, of ons kan net een keer uitkom en dit skoonmaak.”
Die span van Windhoek Wheeliebin Cleaners kom na mense se huise toe.
“Ons het geen toegang tot jou huis nodig nie. Ons bring die skoonmaakmiddels, water en alles wat ons nodig het saam na jou toe.”
Hulle werk volgens die munisipaliteit se vullisverwyderingskedule.
“As jy byvoorbeeld in Doradopark woon, dan is Donderdae vullisdag en dus maak ons op ’n Donderdag die vullisdromme in Doradopark skoon, want die dromme moet natuurlik leeg wees om dit behoorlik skoon te maak. Ons sit ook ’n swartsak in die drom wanneer dit skoon is.”
Lucy hoop om die bewusmaking oor higiëne te bevorder.
“Ek wil hê mense moet besef dat ’n vuil drom kieme en virusse kan versprei. Jou vullisdrom in die kombuis is skoon, so hoekom moet die een wat buite staan vuil wees, stink en vlieë lok?”
Lucy gee toe dat sy van netheid en skoonmaak hou.
“Ek is mal ook skoonmaak. Mens kan amper sê dit is soort van ’n stokperdjie. My raad aan almal is as jy ’n stokperdjie het waarmee jy dalk ’n sent of twee kan verdien - wat jy in ’n besigheid kan verander - doen dit. Dit maak nie saak hoe klein jy begin nie, begin net. Kyk vir iemand wat lekkers verkoop; dit is ‘n besigheid, die persoon maak ’n lewe. So begin en doen iets.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie