Waar is Chad se mes?

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Hartgebroke begin nie eens om te beskryf hoe sy voel nie, sê die lewensmaat van ’n geliefde toergids en die “pa” van Namibiese camino-togte nadat een van sy kosbaarste besittings ná sy dood spoorloos verdwyn het.

Chad Wratten, buiten toergids ook bekend as Chadmanwalking vir sy uiters gewilde camino-togte wat hy oraloor in die land aangebied het, is op 23 Februarie dood nadat sy voertuig by Sandvishawe van ’n duin afgerol en in die see beland het waar hy vermoedelik verdrink het.

Chad (53) was ten tye van die voorval alleen in die voertuig terwyl sy passasiers – vyf toeriste – die omgewing per voet verken het.

Volgens Chad se lewensmaat Ellen Horlebein aka “mev. Schatzenburger” het sy spesiale handgemaakte en gegrafeerde mes wat hy altyd by hom gedra het, verdwyn.

Volgens Ellen is daar geen twyfel dat Chad se “kosbare, handgemaakte mes, ’n simbool van sy avontuurlustige gees, gekoesterde herinneringe en vir ’n metafoor vir die Namibiese camino’s” ten tye van sy dood by hom was nie.

“Daar is geen twyfel dat die mes by hom in die voertuig was nie.”

Ellen sê die mes is noukeurig deur die beste mesmaker in Suid-Afrika gemaak wat dit meer as net ’n “voorwerp” maak.

“Dit is ’n stuk van ons gedeelde geskiedenis, ’n getuienis tot Chadman se onbeperkte liefde vir verkenning en ontdekking en ’n deel van die geskiedenis vir baie stappers wat deur die jare deel was van een van die camino’s.”

Ellen sê Chad se twee selfone – ’n Samsung Galaxy S21 en ’n Samsung Galaxy Z – asook kontant wat hy ten tye van sy dood by hom gehad het, het ook saam met die spesiale mes verdwyn.

Sy het ’n beloning van N$2 500 uitgeloof vir enige persoon wat die spesiale mes aan haar kan terugbesorg. Sou enige persoon meer inligting hê, kan hulle Ellen by 081 233 1833 kontak.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!