Was vir was nader aan die toekoms
“Ek sien dit nie as ’n besigheid of werk nie. Dis ’n manier om vir my studies te betaal, sakgeld te verdien en om geld vir my toekoms te spaar,” het Keanu Engelbrecht (22) van Swakopmund gesê.
Keanu het aan die begin van die jaar begin om voertuie in Swakopmund, Langstrand en die Rossmund-gholflandgoed te was.
“Ek en my pa het gesels oor hoe lank mense by karwas-besighede moet sit en wag totdat hul voertuie skoon is. Sedert die Covid-19-pandemie werk daar ook meer en meer mense van die huis af en dit is hoe die idee ontstaan het.
“Ek het gedink mense sal dit dalk gerieflik vind as ek hulle voertuie was terwyl hulle van hul huise af werk. Ek kan ook na hulle toe gaan ná ’n lang werksweek en hulle kan ontspan en brandstof, tyd en moeite spaar terwyl ek hul voertuie weer skoon en mooi maak.”
Keanu het ’n sakeplan opgestel en aan sy pa voorgelê. Sy pa het met die plan saamgestem en sy ouers het hom gehelp om die nodige toerusting aan te skaf.
“Ek het al die nuutste toerusting wat my help om my werk vinnig en doeltreffend te kan verrig, want ek doen alles self. Mense kontak my vir ’n afspraak en ek gaan na hulle huise toe.”
Keanu is tans besig met sy eerstejaarstudies in handel en bemarkingsbestuur by die Boston College. Hy wil ook kortkursusse in sy vakansietyd doen.
“Ek wil my studies klaarmaak en in die toekoms my eie bemarkingsbesigheid oopmaak.”
Keanu se raad aan veral jong mense is om net iewers te begin.
“Almal huiwer en is bang, maar as ’n mens eers begin sal alles met verloop van tyd uitwerk. Mens moet hard werk vir wat jy wil hê en streef om sukses in die lewe te vind.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie