Waterglybaan bied hope pret
Die waterglybaan op Hentiesbaai is dié plek om die vakansie te wees vir hope gesinspret.
Oud en jonk sal van al hulle oortollige energie ontslae kan raak.
“Ons bied iets vir almal. Hope pret vir die jongspan, ’n lekker beker koffie vir die ouers en in die middae ’n lekker koue vir diegene wat wil uitkyk op die see,” vertel Willie Stoman van die Hentiesbaai-waterglybaan (supertube).
Elke honger maag sal gestil word en daar is peuselhappies beskikbaar vir almal – van ’n sjokolade tot ’n pakkie skyfies.
“Ons melkskommels is ook uit die boonste rakke.”
Hulle het ook ’n geskenkafdeling, waar jy van juwele tot speelgoed kan vind.
Volgens Willie het die nuwe eienaar, Coenie Steyn, vanjaar hard gewerk om die besigheid op te bou tot waar dit tans is.
“Dit is lekker om te sien mense geniet dit hier,” sê hy.
Hulle is ook gestel op veiligheid.
“Kinders van enige ouderdom is welkom. Ek het al gesien kinders van 6 of 7 jaar gaan alleen by die glybaan af. Ouers is egter welkom om saam met hulle af te gaan as hulle nog skrikkerig is.”
Vir diegene wie nog nie so waaghalsig is nie, is daar ’n springkasteel.
Die waterglybaan se hekke open soggens om 09:00 en sluit om 19:00. Die Sundowner Bar maak om 15:00 oop.
“Kom vat ’n blaaskans terwyl die kinders in die water baljaar. Dis heerlik.”
– [email protected]

Kommentaar
Abraham Johannes Louw
By die glybaan word onnodig harde oorverdowende musiek gespeel. Boonop is daar saans veelkleurige flitsende ligte. Hierdie musiek (en die ligte) is n groot steurnis vir die eienaars van huise en woonstelle in die omgewing. Hierdie lawaai het ons en ander se Desember versuur. Voor Die Republikein die eienaars van die glybaan verder lof toeswaai, kan daar gerus met die inwoners/eienaars van huise in Skaamhaaistraat en die Desert Rose woonstelle gepraat word.