'Wees net jouself’
“Wees net jouself, wees getrou aan wie jy is en waar jou wortels is.”
So sê Tuarirovangu Kasirua wat verlede week haar LLB-graad aan die Universiteit van Namibië (Unam) gevang het.
Tuarirovangu, wat oorspronklik van Opuwo is, het haar gradeplegtigheid in tradisionele OvaHimba-drag bygewoon.
Sy sê sy het nie gedink die foto wat by haar gradeplegtigheid geneem is sou so baie aandag trek nie.
“My sosiale media het behoorlik vlamgevat; ek het dit glad nie verwag nie. Ek het dit nie daarvoor gedoen nie; ek het dit gedoen omdat dit belangrik vir my is om te onthou wie ek is en waar ek vandaan kom,” sê sy.
Tydens haar studies is Tuarirovangu verkies tot ’n lid van die studenteraad (SRC) en is die taak opgelê om as verteenwoordiger van minderheidsgroepe op te tree, hetsy kulturele groepe of ander groepe soos vir gestremde studente.
Sy sê die denkwyse oor haar kulturele drag, veral in Windhoek waar sy gestudeer het, het haar nie gepla nie.
“In die Noorde, soos in Opuwo, sou niemand iets daarvan dink as hulle ’n groep OvaHimba-vroue in hul tradisionele drag sien nie, maar hier in Windhoek is dit asof mense dink jy is naak, maar dit het my nie veel gepla nie.”
Sy doen tans haar klerkskap by die prokureursfirma Thomas Andima & Co Inc. en sy moedig ander aan om na die sterre te reik.
“As ek dit kan doen, kan enigiemand. Hou aan om te werk en moenie moed opgee nie. Moenie toelaat dat hulle jou verander nie, wees net jouself,” sê sy.
Sy droom reeds van ’n LLM-graad en ’n doktorsgraad in regte. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie