Wit kruiwa vol hoop

Kristien Kruger
Uit met die oud en in met die nuut – met die winter wat finaal gegroet het, is dit die ideale geleentheid om jou klerekas uit te sorteer en plek te maak vir vrolike en stylvolle uitrustings vir hierdie lente.

Solé Ateljee het die perfekte oplossing om jou klerekas op te kikker en terselfdertyd ook ’n straaltjie lig in iemand anders se lewe te bring.

As deel van hul nuwe Lente en Somer-reeks, Clothed by the sun, kan mense hul gebruikte klere na enige Solé Ateljee-winkel neem en dan 10%-afslag op hul volgende aankope by die winkel ontvang.

Kyk uit vir die kenmerkende wit kruiwa by die ingang van elke winkel waar skenkings gerieflik gelaai kan word.

“Solé Ateljee bied aan sy kliënte die geleentheid om hul klerekas te vernuwe, terwyl hulle ’n straal van hoop en vriendelikheid aan diegene in nood bring,” sê die eienaar van Solé Ateljee, Nikita Rix.

Alle geskenkte klere sal aan verskeie niewinsgewende organisasies en gemeenskapsprojekte oraloor Windhoek en Swakopmund versprei word, insluitend Phandeka in Windhoek en DRC Drive in Swakopmund.

Skenkings van kinderklere word veral aangemoedig, met items wat na Huis Maerua-kinderhuis, Ruach Elohim Foundation, en ander plaaslike liefdadigheidsorganisasies gaan.

Dié veldtog duur tot 11 Oktober en die tweede deel van die reeks word Donderdag bekend gestel.

Die eerste deel van die reeks is reeds verlede week bekend gestel met pragfoto’s wat deur die ervare lens van die Windhoek-gebaseerde fotograaf, Juné van der Walt, geneem is.

“Hierdie lewendige nuwe reeks, een van ons mees boeiende tot dusver, straal meer as net styl uit – dit verteenwoordig ’n gees van gee wat verder as mode strek.

“Sluit by ons aan en kom ons maak hierdie lente ’n seisoen van skoonheid – binne en buite.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!