Worsbroodjies maak studies moontlik

Tanja Bause
“Ek het in Augustus verlede jaar met my besigheid begin sodat ek my studies kan voltooi. Ek het genoeg geld verdien en kan volgende maand my Vlak 3 aanpak en dan is ek ’n gekwalifiseerde ketelmaker,” het Daniel Shiihuleni (22), die eienaar van Humble Hustle, gesê.

Daniel het ’n kursus in ketelmakery aan die Namibië Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) se Tsumeb-kampus geloop. Hy is Windhoek toe gestuur om sy internskap te doen.

“Ek het egter nie baie geld verdien nie en kon dus nie my laaste jaar klaarmaak nie. Ek het aan planne gedink sodat ek geld kan verdien om terug te gaan en klaar te maak.”

Sy oorlede ma het in die Noorde hoender en kapana verkoop om die familie aan die lewe te hou.

“My ma het my talle kere gestuur om die verkope te doen. Ek het dit vir haar gedoen al was ek nie lus nie, maar dit het my blootgestel aan besigheid en om met kos te werk.”

Hy het ’n fiets van Tsumeb saamgebring en die sleepwa ontwerp en gebou.

“Dit is ’n toe-wa waarin my gasbottel, souse, messe, wors, brötchens en slaai gebêre word. Ek het ’n sleepstang gemaak sodat die wa agter-aan my fiets gehaak kan word.”

Daniel maak elke oggend ’n vars tamatie-en-uieslaai wat hy saam met die sous op die worsbroodjies sit om dit van ander worsbroodjies te onderskei.

“Ek is elke oggend by die Riverside-diensstasie in Eros en dan vertrek ek na Nust vir die studente wat vir middagete uitkom. As ek ’n oggend bietjie laat is of nie op my plek is nie, dan is ek in die moeilikheid by my kliënte.

“Ek wil hulle gerusstel, al gaan ek nou vir ses maande weg om my studies klaar te maak, sal ek weer met die besigheid aangaan sodra ek terug in Windhoek is.”

Daniel wil as ketelmaker begin werk sodra hy sy laaste internskap vlotooi.

“Ek wil my wa en fiets verbeter en dan iemand kry wat die worsbroodjies namens my kan verkoop. Ek wil iemand anders só help. Ek het met Humble Hustle begin want almal kan nederig en onder begin en geld verdien. Ek wil iemand help, want niemand behoort te ly nie. Wees nederig en doen iets.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 18° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 17° | 24° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!