Lara Erlank was die enigste Namibiër by die Ironman 70.3 World Championship in Finland. Foto verskaf
Lara Erlank was die enigste Namibiër by die Ironman 70.3 World Championship in Finland. Foto verskaf

Ystervrou wys haar staal in Finland

Tanja Bause
“Ek het ’n knop in my keel gekry toe ek sien hoe die enigste Namibiër met trots haar land se vlag dra, voor die meer as honderd mededingers uit Nederland,” vertel Lara Erlank (35) se ma, Philippa Erlank.

Lara het onlangs as driekampatleet haar land by die Ironman 70.3 Wêreldkampioenskap in Lathi, Finland, verteenwoordig.

Altesaam 6 000 deelnemers van 151 lande het aan die kompetisie deelgeneem.

Lara is een van meer as tweeduisend vroue wat vir verskeie uitmergelende Ironman-byeenkomste wêreldwyd gekwalifiseer het.

Die byeenkoms word 70.3 genoem aangesien die deelnemers altesaam 70.3 myl (113 kilometer) moet voltooi – swem (1,9 km), fietsry (90 km) en hardloop (21 km).

Dié afstand is verder as die jaarlikse driekamp wat elke Desember in Swakopmund aangebied word.

Lara is in Swakopmund gebore en het ’n sterk sportagtergrond. Sy het Namibië tevore by die CrossFit-spele verteenwoordig.

Sy het twee jaar gelede na driekamp oorgeskakel en was verheug om vir die Wêreldkampioenskap tydens ’n Ironman-byeenkoms in Kalifornië te kon kwalifiseer.

“Om oor die wenstreep te hardloop, was ’n onvergeetlike gevoel. Die hele Finland-ervaring was ongelooflik. Die gasvryheid van die dorp Lahti en die professionele Ironman-ondersteuning het alles daartoe bygedra om dit ’n uiters suksesvolle en onvergeetlike ervaring te maak,” het Lara gesê.

“Lathi is ’n middelgrootte dorp wat tussen heuwels en mere geleë is. Die omgewing is in skerp kontras met Namibië se droë toestande. Die vroue se wegspring is vertraag omdat daar dik mis oor die meer was.”

Die jongste deelnemer was ’n tiener en die oudste 82 jaar oud.

“Deursettingsvermoë werp vrugte af. Ek weet ek is gelukkig om in die VSA te kan oefen, maar stel hoë doelwitte vir jouself en werk hard om jou drome te bereik,” sê Lara, wat in Kalifornië in die Verenigde State van Amerika woon.

Vir Lara was die harde werk om vir die 2024-kampioenskap te kwalifiseer bloot die begin. Sy hoop dat daar in die toekoms meer Namibiërs sal wees om die vlag in die Ironman-parade hoog te hou.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!