Zander se resep tot sukses
Studeer vanjaar op Stellenbosch
Hy is die Namibiese IEB se topleerling vir 2024 met 'n indrukwekkende gemiddeld van 91%.
Die topleerling van al die Namibiese Napso IEB-skole vir 2024, Zander van Wyngaard, is ’n afgeronde jong man met groot drome.
Zander se talente strek veel verder as sy intelligensie en ’n gemiddeld van 97% in ingenieursgrafika en tegnologie. Hy stel ook belang in sport, bak en pottebakkery.
Dié veelsydige 18-jarige pak vanjaar Stellenbosch se universiteitslewe aan waar hy megatroniese ingenieurswese gaan studeer. Sy droom is om eendag renmotors vir Formule 1 te ontwerp.
“My droom is om eendag by ’n Formula 1-span te werk, want ek het nog altyd van motorsport en motors gehou.
“Verder is ek nie seker waarin ek wil spesialiseer nie, dus gaan ek kyk watter rigtings my die meeste op universiteit interesseer,” vertel Zander.
MEER AS NET AKADEMIE
Zander vertel dat sy ouers hom van kleins af toegelaat het om aan verskeie sportsoorte deel te neem en sodoende ’n gebalanseerde leefstyl te handhaaf.
“Ek het byvoorbeeld skaak gespeel en stoei as individuele sportsoorte gedoen en rugby, hokkie en krieket as my spansportsoorte gespeel.”
Zander sê sport was nog altyd vir hom ’n vorm van ontspanning en dat hy ook ander aktiwiteite geniet wat hom gehelp het om by tye van die werklikheid te ontsnap.
“Ek het pottebakkery by tannie Ansie Ward gedoen en dit is vir my baie terapeuties! Ek hou ook baie van bak, want dit het ’n soortgelyke terapeutiese effek.”
Zander vertel verder dat hy reeds op vierjarige ouderdom met skaak begin het. Sy eerste teenstander was sy broer wat vier jaar ouer as hy is.
“Dit het my baie waardevolle en belangrike lesse geleer, onder andere hoe om te verloor, hoe om na ’n probleem te kyk vanuit verskillende perspektiewe en selfdissipline.”
Op ’n vraag oor hoe Zander tyd tussen sy akademie, sport en persoonlike lewe bestuur het, vertel hy dat akademie die meeste van die tyd voorkeur geniet het, maar dat dit ook belangrik is om tyd vir jouself te maak en te rus.
“Rus is belangrik om sodoende nie uit te brand nie. Sport het my baie gehelp om ’n balans tussen akademie en my persoonlike lewe te handhaaf.
“Om tyd saam met familie en vriende deur te bring is ook die sleutel tot sukses, want dit laat jou ontspan en gee ’n mens weer die nodige energie om die take aan te pak wat die akademie vereis.”
‘GEE ALTYD JOU BESTE’
Zander meen sy ouers is sy grootste ondersteuners.
“Hulle was by elke sportgeleentheid, prysuitdeling, skoolfunksie, ens.”
Terselfdertyd het sy ouers hom ’n paar belangrike lesse en beginsels geleer wat hom gehelp het om suksesvol tydens sy skoolloopbaan te wees.
“Hulle het my geleer jy hoef nie die beste in alles te wees nie, solank jy net jou beste gee in alles wat jy doen.
“Ons het ook ’n reël gehad – as jy iets begin, maak jy dit klaar! Ek onthou toe ek ses jaar oud was, wou ek graag karate begin.
“Ná ’n maand of twee het ek besef dit is nie vir my nie, maar aan die begin van die jaar het ek ’n belofte gemaak dat as ek met karate begin, ek dit vir ten minste een jaar sal doen.
“Dus het ek aangehou met karate tot die einde van die jaar, al was karate nie regtig my passie nie.
“Dit het my geleer om nie moed op te gee nie en wanneer jy ’n taak begin, maak jy dit klaar.”
SUKSESRESEP
Dié voormalige hoofseun van Windhoek Afrikaanse Privaatskool beskryf homself as selfgedissiplineerd, doelgerig, pligsgetrou en hardwerkend.
Sy resep tot sukses is om elke dag hard te werk en dinge self te doen.
“Werk elke dag hard deur in die klas te luister, notas te maak en hulp te kry as jy iets nie verstaan nie. Moet nooit werk tot die laaste minuut los nie, maar handel dit eerder so gou as moontlik af. Maak ook seker dat jy al jou eie werk doen – ’n mens leer deur iets self te doen.”
Wiskunde was Zander se gunstelingvak op skool en dit het hom aangemoedig om vanjaar ’n ekstra vak, wiskunde vir verdere studies, te neem.
“Ek geniet dit om probleme op te los. Die beste gevoel is wanneer ek uiteindelik daardie baie moeilike som sonder enige hulp regkry!
“Ek dink ook my liefde en passie vir skaak vanaf ’n jong ouderdom het my vermoë om probleme op te los, baie verbeter en ontwikkel,” vertel hy met trots.
Hy meen verder dat sy tyd as hoofseun en sy betrokkenheid by Windhoek se junior stadsraad hom belangrike vaardighede geleer het.
“Dit het my geleer hoe om gemaklik voor ’n klomp mense te praat, asook hoe om met alle mense te werk en hoe om hulle te kry om as ’n span saam te werk.
“Ek het geleer hoe om werk te prioritiseer en dat dit belangrik is om te delegeer – ’n mens kan nie alles op jou eie doen nie, so vra vir hulp.
“Die verbetering van my leierskapsvaardighede is iets waarby ek vir die res van my lewe gaan baat,” meen Zander.
Onderwysers het ook ’n groot rol in Zander se prestasies gespeel en bygedra tot die persoon wat hy vandag is. Hy kan nie ’n enkele onderwyser uitsonder nie, maar meen dat elkeen hom iets nuuts geleer en gehelp het om verskeie struikelblokke te oorkom.
Sy raad aan ander leerlinge is om altyd jou beste te gee in alles wat jy doen.
“Moenie jou prestasies met ander mense s’n vergelyk nie, fokus net daarop om jou vorige punte te verbeter.
“Byt vas, werk hard en wees die beste jy wat jy kan wees. ’n Mens kan nie beter as jou beste doen nie.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie