Zanté sit die kuns in kookkuns

Die natuur is haar inspirasie
Dié 27-jarige is een van 15 streekfinalis in die S.Pellegrino Young Chef Academy-kompetisie.
Kristien Kruger
Met haar kreatiwiteit en plantkennis poog Zanté Neethling (27) om die storie van inheemse Suid-Afrikaanse plante om die globale etenstafel te vertel.

Zanté is aangewys as een van 15 streekfinaliste van Afrika, die Midde-Ooste en Suid-Asië in vanjaar se S.Pellegrino Young Chef Academy-kompetisie.

Altesaam 165 finaliste wêreldwyd onder die onderdom van 30 is vir dié kompetisie aangewys.

Die wensjef word bekroon as die wêreld se beste jong sjef en word beloon met die geleentheid om vir ’n tydperk in die beste restaurant in die wêreld te werk.

Die wenner van die streekkompetisie word uitgenooi na die finaal wat in Milaan, Italië, sal plaasvind.

Zanté woon tans in Kaapstad en werk by Beyond Restaurant op die Buitenverwachting-wynlandgoed.

Hoewel sy in Suid-Afrika gebore is en eers in 2005 saam haar gesin na Namibië verhuis het, het dié land ’n betekenisvolle rol in haar lewe gespeel.

“Ek het hier grootgeword, geleer en gegroei, en Namibië het my gevorm tot wie ek vandag is. Die unieke kultuur, mense en die pragtige omgewing van hierdie land het my altyd geïnspireer,” vertel sy.

VAN KAASMAKER TOT SJEF

Zanté vertel haar ouerhuis was altyd baie gasvry en dat haar ma die lekkerste kos gemaak het. Dit was ’n plek waar sy en haar broer hulself kon uitleef.

“Ek was nog altyd lief vir kuns en sou grafiese ontwerp gaan studeer het, maar ek het besef ek hou nie daarvan om ingeperk te word nie.

“Stel dit so – die idee om voor ’n laptop te sit was nie vir my opwindend nie,” vertel Zanté.

Een van haar vriendinne het destyds kookkuns in Kaapstad studeer en terwyl hulle eendag saam ontbyt gemaak het, het haar vriendin haar aangemoedig om ’n sjef te word.

“Ek het daarna aansoek by die Hurst-kampus gedoen en daar het dit alles begin. My eerste internskap was by La Motte-wynlandgoed en my tweede een by Babylonstoren.

“Ek het vir twee jaar by Babylonstoren as ’n kaasmaker gewerk en het die tyd gebruik om die seisoene van die tuin te leer. Ek het so lief geraak vir inheemse plante en die kleurvolle wonderwerke wat die natuur vir ons gee om onsself gesond te kan maak.”

Ná Zanté se werk as ’n kaasmaker het sy besef dat sy die kombuis moet aanpak en het saam met haar mentor van La Motte, Michelle Theron, by die Hazendal-wynlandgoed gaan werk.

“Ek was daar vir drie jaar. Sy het my geïnspireer om aan verlede jaar se S.Pellegrino Young Chef-kompetisie deel te neem.”

Zanté het in verlede jaar se kompetisie met die toekenning vir volhoubaarheid weggestap.

“Tydens hierdie ervaring het ek besef dat selfs net die voorbereiding en inskrywing soveel groei in my lewe gebring het. Dit het my laat besef watter soorte kos ek wil maak en wat vir my opwindend is.”

Nadat sy ’n tyd afgevat het, het sy ’n geleentheid gekry om by Beyond Restaurant te werk.

“By Beyond Restaurant maak ons dieselfde soort kos waaroor ek baie opgewonde is en selfs op my afdae gaan haal ek seegrasse uit en verken plekke waar my gunsteling-plante groei.”

’N SEEKOSGEREG WAT BEÏNDRUK

As deel van die kompetisie moet Zanté ’n dis voorsit wat plaaslik beoordeel sal word.

Die dis wat sy beplan is ’n huldeblyk aan die “Khoikhoi taras’’ – die vroue van die Khoisan wat as die oudste volk ter wêreld beskou word.

“Die vrou het die families gelei en sy het hul gesond gehou met die kos en kruie wat sy voorberei het. Haar plantkennis en goeie gesindheid het nooit die erkening ontvang wat sy verdien het nie.

“Hulle is Suid-Afrika en Namibië se eerste mense. My dis vertel die emosionele geskiedenis van die verlore kos wat in die suidkus van Afrika groei.”

Haar dis is ’n seekosgereg wat uit drie dele bestaan. Die eerste sluit in vis en Afrika-aartappel wat gebak is met gerookte sampioen “brandadé’’. Die tweede deel is ’n seegrasslaai met wilde sampioene, skulpvis en ’n plaaslike miso-sous. Die derde deel is drie soorte seegras, dashi met Reishi-sampioen en “mint pelargonium”.

“Ek gebruik die ‘Cape bream’ en geur dit met kapokbos (wilderoosmaryn) en konfettibos (wilde tiemie). Bo-op die gebraaide vis is daar ’n suurvy-gel asook die blommetjie van die kapokbos,” verduidelik Zanté en voeg by dat die aartappel ook gegeur word met kapokbos en sampioene wat met bloublomsalie gerook is.

“Op die kant is daar ’n warm tee-element wat die twee hoogtes van die inspirasie van die dis bymekaarbring.”

STEM VIR ZANTÉ

Vir vanjaar se S.Pellegrino Young Chef-kompetisie is daar vier verskillende toekennings op die spel; die S.Pellegrino Young Chef Award, S.Pellegrino Social Responsibility Award, Acqua Panna Connection in Gastronomy Award en die Fine Dinings Food for Thought Award.

“In September gaan die vierde toekenning oopmaak vir stemme van oraloor die wêreld. Almal kan vir hulle gunsteling-dis en -storie vanuit elke streek stem,” verduidelik Zanté wat verder sê dat die uitslae in November vanjaar tydens die streekfinaal se toekenningseremonie aangekondig sal word.

“Dit is vir my ’n groot eer om Namibië in die S.Pellegrino Young Chef-kompetisie te verteenwoordig en ek sal diep dankbaar wees vir elke Namibiese stem wat my op hierdie pad ondersteun.

“Jou stem beteken vir my soveel meer as net ondersteuning in ’n kompetisie – dit is ’n bevestiging van die invloed wat hierdie wonderlike land op my lewe gehad het.”

Zanté vertel verder dat haar mededeelnemers uiters talentvol is en sommige van hulle werk in van die beste restaurante ter wêreld.

“Een van die plaaslike beoordelaars is sjef Bertus Basson en ek is baie opgewonde om my gereg met hom te deel sodat hy kan sien hoe ek gegroei het sedert ons laas mekaar ontmoet het tydens my deelname aan die program, Sjefhuis.”

SJEFHUIS

Zanté het twee jaar gelede aan die vierde seisoen van die kosmaakprogram op VIA, Sjefhuis, deelgeneem en tweede geëindig.

“Dis die eerste klein plaaslike kompetisie wat ek aangepak het en dit was ’n groot uitdaging. Dit is waar die kookkompetisie-gogga my gebyt het.”

Die kompetisie het bestaan uit agt sjefs wat teen mekaar meegeding het. Vir elke kookgeleentheid was daar ’n nuwe hoofbestanddeel en tema.

“Elke oggend is daar ’n span gekies wat saam gekook het. Daarna moes elke sjef alleen kook,” vertel Zanté.

Sy het ook bygevoeg dat die “span-kook” ook ’n impak gehad het op die “alleen-kook”, want as jou span verloor het dan moes jy ’n rooi baadjie dra en jou naam was outomaties op die uitstemlys.

Sy vertel verder indien jy die “alleen-kook” gewen het, kon jy nie uitgestem word nie en het jy ook die geleentheid gekry om jou eie span vir die volgende dag se uitdaging te kies.

“Dié ervaring het my heeltemal uit my dop laat kruip en baie selfvertroue gegee wat kritiek was in daardie tydperk van my loopbaan.

“Ek het tweede gekom en dit is presies die vonk wat ek nodig gehad het om myself vir die toekoms te motiveer. Sjefhuis het my hele lewe verander en ek is baie dankbaar dat ek deel van die program kon wees.”

GROOT PLANNE

Zanté vertel dat sy graag nog eendag op seiljagte wil spring en werk om geld te kry sodat sy haar drome ’n werklikheid kan maak.

“Ek het nog altyd ’n droom gehad om iets soortgelyk aan Babylonstoren in Swakopmund te begin en daar die stories van die verlore kosse van die woestyn te vertel.”

Sy spog met groot drome en poog om ook ander jongmense te inspireer.

“Ek is ’n voorstander van volhoubare plase wat plante kweek wat kos kan voorsien asook plante wat op die punt is om uit te sterf.

“Ek wil jong kokke inspireer om meer volhoubaar te wees en hulle aanmoedig om met onbekende bestanddele te eksperimenteer.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Vodacom Bulls 40 vs 40 Hollywoodbets Sharks XV | Fidelity ADT Lions 43 vs 34 Toyota Cheetahs XV Premier League: Bournemouth 0 vs 1 Chelsea | Aston Villa 3 vs 2 Everton | Manchester City 2 vs 1 Brentford | Liverpool 0 vs 1 Nottingham Forest | Fulham 1 vs 1 West Ham | Crystal Palace 2 vs 2 Leicester City | Brighton 0 vs 0 Ipswich Town | Southampton 0 vs 3 Manchester United LaLiga: Real Sociedad 0 vs 2 Real Madrid | Sevilla 1 vs 0 Getafe | Espanyol 3 vs 2 Deportivo Alaves | Mallorca 1 vs 2 Villarreal | Real Betis 2 vs 0 Leganés SerieA: AC Milan 4 vs 0 Venezia | Empoli 0 vs 0 Juventus | Como 2 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley | Hull City 0 vs 2 Sheffield United English Championship: Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley | Hull City 0 vs 2 Sheffield United Katima Mulilo: 24° | 40° Rundu: 22° | 39° Eenhana: 21° | 37° Oshakati: 19° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 34° Otjiwarongo: 16° | 31° Omaruru: 14° | 30° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:55, High tide: 06:07, Low Tide: 00:30, High tide: 18:25 Swakopmund: 11° | 14° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:53, High tide: 06:05, Low Tide: 00:28, High tide: 18:23 Walvis Bay: 10° | 18° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:53, High tide: 06:04, Low Tide: 00:28, High tide: 18:22 Rehoboth: 12° | 28° Mariental: 11° | 26° Keetmanshoop: 9° | 24° Aranos: 12° | 29° Lüderitz: 10° | 22° Ariamsvlei: 9° | 25° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 22° | 33° Lubumbashi: 16° | 35° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 8° | 26° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 20° | 30° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 12° | 17° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 23° | 35° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.65 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 17.75 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.01 | USD to AOA 926.34 | USD to BWP 13.29 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1645.13 | USD to ZAR 17.75 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1786.9 Down -0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13998.92 Up +0.82% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30497.83 Up +0.04% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 578.72/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.19/lb UP +0.28% | Zinc US$ 2 918.80/T DOWN -0.14% | Brent Crude Oil US$ 72.46/BBP DOWN -0.0023 | Platinum US$ 994.87/OZ UP +1.59% Sport results: Currie Cup: Vodacom Bulls 40 vs 40 Hollywoodbets Sharks XV | Fidelity ADT Lions 43 vs 34 Toyota Cheetahs XV Premier League: Bournemouth 0 vs 1 Chelsea | Aston Villa 3 vs 2 Everton | Manchester City 2 vs 1 Brentford | Liverpool 0 vs 1 Nottingham Forest | Fulham 1 vs 1 West Ham | Crystal Palace 2 vs 2 Leicester City | Brighton 0 vs 0 Ipswich Town | Southampton 0 vs 3 Manchester United LaLiga: Real Sociedad 0 vs 2 Real Madrid | Sevilla 1 vs 0 Getafe | Espanyol 3 vs 2 Deportivo Alaves | Mallorca 1 vs 2 Villarreal | Real Betis 2 vs 0 Leganés SerieA: AC Milan 4 vs 0 Venezia | Empoli 0 vs 0 Juventus | Como 2 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley | Hull City 0 vs 2 Sheffield United English Championship: Watford 1 vs 1 Coventry City | Swansea City 1 vs 0 Norwich City | Sheffield Wednesday 1 vs 1 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 2 Sunderland | Middlesbrough 1 vs 1 Preston North End | Derby County 1 vs 0 Cardiff City | Blackburn Rovers 3 vs 0 Bristol City | Oxford United 1 vs 0 Stoke City | Millwall FC 0 vs 1 Luton Town | Leeds United 0 vs 1 Burnley | Hull City 0 vs 2 Sheffield United Weather: Katima Mulilo: 24° | 40° Rundu: 22° | 39° Eenhana: 21° | 37° Oshakati: 19° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 34° Otjiwarongo: 16° | 31° Omaruru: 14° | 30° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:55, High tide: 06:07, Low Tide: 00:30, High tide: 18:25 Swakopmund: 11° | 14° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:53, High tide: 06:05, Low Tide: 00:28, High tide: 18:23 Walvis Bay: 10° | 18° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:53, High tide: 06:04, Low Tide: 00:28, High tide: 18:22 Rehoboth: 12° | 28° Mariental: 11° | 26° Keetmanshoop: 9° | 24° Aranos: 12° | 29° Lüderitz: 10° | 22° Ariamsvlei: 9° | 25° Oranjemund: 10° | 16° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 22° | 33° Lubumbashi: 16° | 35° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 8° | 26° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 20° | 30° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 12° | 17° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 23° | 35° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.25 | EUR to NAD 19.65 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 17.75 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.18 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.01 | USD to AOA 926.34 | USD to BWP 13.29 | USD to EGP 48.39 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1645.13 | USD to ZAR 17.75 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1786.9 Down -0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13998.92 Up +0.82% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30497.83 Up +0.04% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.57 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 578.72/OZ UP +0.79% | Copper US$ 4.19/lb UP +0.28% | Zinc US$ 2 918.80/T DOWN -0.14% | Brent Crude Oil US$ 72.46/BBP DOWN -0.0023 | Platinum US$ 994.87/OZ UP +1.59%