‘Hy was my inspirasie’
Sakeman onthou Nujoma se passie
'n Indiese sakeman se ontmoeting in 2004 met wyle stigterspresident Sam Nujoma het hom twee jaar later na Namibië laat verhuis.
Die Indiese sakeman wat op Oshakati gebaseer is, Vinod Kumar – ook bekend as Kuku Agri – het in ’n onderhoud met Network Media Hub (NMH) sy skok en hartseer oor die dood van Namibië se stigterspresident Sam Nujoma Saterdag in Windhoek uitgespreek.
“Ek het hom altyd as my pa behandel. Hy was altyd ondersteunend en my inspirasie en motiveerder,” het ’n emosionele Kumar gesê.
Volgens hom het ’n ontmoeting in sy geboorteland in 2004 gelei tot sy besluit om na Namibië te verhuis waar hy sy besigheid, Kuku Agri Equipment, gevestig het.
Hoewel hy geskok was toe hy die nuus van Nujoma se dood gehoor het, sê hy: “Diep in my hart het ek geweet hy het vir baie lank gely. Hy het dapper baklei en was vir byna ’n jaar siek. Ek mis hom baie.”
Volgens hom het hy die ontslape stigterspresident ontmoet toe Nujoma in 2004 saam met ’n afvaardiging van Namibiese verteenwoordigers na Indië gereis het om buitelandse beleggers na die land te lok.
Tydens Kumar en Nujoma se ontmoeting het hulle oor besigheid gesels, met die stigterspresident wat hom genooi het om die land te besoek.
Twee jaar ná Nujoma en sy span se besoek aan sy landbouvervaardigingsfabriek het Kumar besluit om na Namibië te verhuis om sakegeleenthede in die land te ondersoek.
“Ek het twee jaar geneem om te besluit of ek hierheen moes kom. Dis hoe ek Kuku Agri begin het. Ons het redelik gereeld ontmoet, veral wanneer hy in die Noorde was.”
GEDEELDE PASSIE VIR LANDBOU
Volgens Kumar het Nujoma ’n diep gewortelde liefde vir landbou gehad.
“Hy wou meer daaroor leer en sien hoe hy landbou in Namibië kon ontwikkel. Hy het my gewoonlilk saam met hom na die plase geneem om ander mense te ontmoet en hulle aan te moedig om gemeganiseerde boerdery te omarm.”
Kumar het Nujoma ook op sy plaas naby Otavi en in Etunda besoek “waar hy altyd oor landbou en onderwys gepraat het. Dit was die twee onderwerpe waaroor ons altyd gepraat het”. Volgens hom was die voormalige staatshoof ook passievol oor die skool en kliniek wat op Etunda gebou word.
Kumar vertel hy het Nujoma vir die laaste keer op sy plaas naby Otavi gesien, kort ná die Covid-19-pandemie waar hulle saam middagete geëet het.
Hy het ’n beroep op Namibiërs gedoen om Nujoma se nalatenskap voort te sit en veral op verdere verbeterings in die landbousektor te fokus.
“Die boodskap aan die Namibiese nasie is om sy nalatenskap te laat voortleef,” het Kumar beklemtoon.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie