‘Verandering begin by ons’

Silke Blaauw
Die Owela-museum in Windhoek is reeds sedert Maart 2020 tydelik gesluit en die verlate perseel was tot onlangs met rommel besaai.

Nadat die museum se vervalle toestand verlede maand op sosialemediaplatforms onder bespreking gekom het, het die 28-jarige Hendrik Schmidt en sy meisie, Lea Holler, besluit om hul moue op te rol en iets aan die situasie te doen.

Hulle het ’n gemeenskapsgedrewe inisiatief begin en het Sondag rondom die museum opgeruim.



KLAGTES

In Junie 2022 het die museum se kurator, Olivia Nakale, verduidelik dat opknappings by die museum nodig is.

Ten spyte van die feit dat finansiering van die Duitse regering ontvang is, moes dit geprioritiseer word vir die konstruksie van klaskamers en het daar niks oorgebly vir opknappings by die museum nie.

Die vervalle toestand van die museum het in Januarie vanjaar in die kollig gekom nadat ’n Facebookblad, Spotlighting Namibia, foto’s van die museum geplaas het en die ministerie van onderwys, kuns en kultuur en Stad Windhoek (CoW) daaroor gekritiseer het.

Dit het ook gelei tot ’n klagskrif wat ’n beroep op die onderwysministerie en CoW gedoen het om op te tree.

Die sosialemediaplasing oor die toestand van die Owela-museum het Hendrik se aandag getrek en hy het mense in kennis gestel van die opruimingsaksie wat verlede Sondag gehou is.

CoW het maskers, handskoene en vullissakke verskaf en het ingestem om die vullis na die tyd te verwyder.

Die groep vrywilligers het ’n stelsel geïmplementeer om die hope rommel bymekaar te hark en in vullissakke te gooi. Hendrik het gesê die proses het sowat twee uur geduur en 56 sakke rommel is in totaal gevul.

“Ek het persoonlik geen verbintenis met die Owela-museum nie, want ek is nie van hier nie, maar ek weet dit beteken baie vir talle ander mense. Dit beteken dus baie vir my om te help,” het hy gesê.



VERANDERING BEGIN BY ONS

Hendrik meen dit is makliker om ons gemeenskap skoon te hou as wat baie mense dink.

“Ek dink dit is ’n onnodige struikelblok wat mense aan opruimings kan koppel, al die logistieke reëlings wat betrokke is, maar daar is regtig nie enige logistieke reëlings nie.

“Dit kos nie geld as jy die vullissakke het nie. Dit verg net moeite en ’n paar vriende wat die werk werklik doen,” het hy verduidelik.

Hy het ook bygevoeg dat dit nie nodig is om die politiek te verander om ’n land te verander nie – hy meen daardie verandering begin by die gemeenskap.

“Niks word uitgerig om enigiemand te blameer nie. Ek bedoel, jy kan stoom afblaas deur iets op Facebook te plaas, maar dit verander eintlik niks.”

Hendrik vertel dit is wonderlik om te sien hoe mense opdaag om positief tot die gemeenskap by te dra.

“Deur net op te daag en daardie soort werk te doen, inspireer mense om dieselfde in hul omgewing te doen. Ek dink een belangrike boodskap wat ek deur al die werk probeer oordra, is dat as ons iets regtig wil verander, ons by onsself moet begin.”



AVEA-STIGTING

Hendrik, wat van Duitsland is, en Lea het sowat vier jaar gelede begin om saam te reis, voordat hulle twee jaar gelede vir die eerste keer Namibië toe gekom en verlief geraak het op die land en sy mense.

Hulle het hier by ’n plaaslike kinderhuis, LoveYourNeighbour, betrokke geraak. Hendrik is toe deur ’n aantal organisasies genader en het uiteindelik die Avea-stigting begin.

Dié stigting is betrokke by talle gemeenskapsprojekte en hul grootste projek is om kos aan plaaslike organisasies te skenk wat andersins by kruidenierswinkels weggegooi sou word.

Die Avea-stigting help ook met opruimingwerk vir enige organisasies, sopkombuise of gemeenskapsprojekte wat dit nodig het.

Om Hendrik en sy projekte te volg, besoek Windhoek CleanUp Facebook of @windhoek_cleanup op Instagram.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 21° Rundu: 19° | 24° Eenhana: 20° | 26° Oshakati: 21° | 28° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 20° | 26° Otjiwarongo: 19° | 29° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 19° | 28° Henties Bay: 19° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:10, High tide: 03:10, Low Tide: 21:20, High tide: 15:22 Swakopmund: 18° | 19° Wind speed: 16km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:08, High tide: 03:08, Low Tide: 21:18, High tide: 15:20 Walvis Bay: 18° | 22° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 09:08, High tide: 03:07, Low Tide: 21:18, High tide: 15:19 Rehoboth: 22° | 32° Mariental: 26° | 36° Keetmanshoop: 27° | 37° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 28° | 40° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 19° | 27° Lubumbashi: 17° | 21° Mbabane: 17° | 25° Maseru: 14° | 28° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 21° | 30° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 19° | 27° Durban: 20° | 28° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 19° Harare: 17° | 23° #VALUE! #VALUE!