’n Kroon met ’n doel
Ambassadeurs van hoop
Miss Hope Namibia National 2025 is 'n nuwe en betekenisvolle platform wat jong Namibiese vroue inspireer om doelgerig te lei.
Henriette Lamprecht - Dit is nie ’n tradisionele skoonheidskompetisie nie. Inteendeel word nie net wenners gekroon nie, maar ook leiers.
Só vertel Anita Senekal oor Miss Hope Namibia National 2025 wat sy beskryf as ’n nuwe en betekenisvolle platform wat jong Namibiese vroue inspireer om doelgerig te lei.
Anita, wat ’n diepgaande passie vir gemeenskapsontwikkeling het, verduidelik finaliste in die kompetisie word ambassadeurs van hoop en verandering in hul onderskeie gemeenskappe, met die eer om ook Namibië op die internasionale verhoog te verteenwoordig.
“Ons visie is om jong vroue te bemagtig en hulle te leer dat ware skoonheid lê in ’n hart gevul met hoop, liefde en diens,” sê Anita.
Die kompetisie se leuse is “Kroon jou Hart, Lei met ’n Doel” wat ook die kernwaardes van die kompetisie weerspieël.
“Ons sit nie net tiaras op koppe nie. Ons streef daarna om ’n werklike verskil in mense se lewens te maak.
“Ons droom is om ’n nalatenskap van diens, leierskap en gemeenskapsontwikkeling te bou, terwyl ons ’n platform aan jong vroue bied om hul volle potensiaal te bereik,” sê Anita.
Sy beklemtoon dat Miss Hope Namibia National nie net ’n kompetisie is nie, maar ’n projek wat deur liefdadigheid gedryf word en wat aktief aan die gemeenskap teruggee.
Finaliste neem deel aan verskeie uitreikprogramme, bewusmakingsveldtogte en bemagtigingsprogramme wat die kompetisie se doelwit van hoop en verandering versterk.
GEMEENSKAPSPROJEK
’n Sprekende voorbeeld is Melanie van der Merwe van Gobabis wat in Desember verlede jaar as Miss Teen Hope International gekroon is.
Melanie het die gemeenskapsprojek Namibia Little Learners Initiative (NNLI) begin wat vroeë kinderontwikkeling na kwesbare, minderbevoorregte kinders bring.
Melanie se NLLI-inisiatief verskaf bokse met talle ontwikkelingspeletjies wat kinders geniet en nie eens besef hulle is eintlik besig om te leer nie. Die inisiatief verskaf ook opleiding aan die versorgers sodat hulle presies weet hoe om die kinders te onderrig en die leerplan ten volle te implementeer.
Hope Journey International, ’n bemagtigingsprojek van Acting Hope NPO, bied aan vroue geleenthede om hul talente te ontdek om hul eie gemeenskapsgebaseerde projekte te begin en te bestuur.
Afgesien van Namibië, is Hope Journey International tans ook aktief in Amerika, Kanada, Filippyne, Japan, Australië, Zambië, Zimbabwe, Rwanda, Botswana en Suid-Afrika.
Die eerste nasionale geleentheid vir Miss Hope Namibia National vind op 29 Maart by Die Dam op Gobabis plaas.
Vir enige verdere navrae oor die besondere kompetisie wat terugploeg in die gemeenskap, kan Anita by 081 225 5019 gekontak word of stuur ’n e-pos aan [email protected].
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie