9 200 TB-gevalle in 2023
Namibië het verlede jaar sowat 9 200 pasiënte met tuberkulose (TB) aangemeld – ’n toename vanaf die 8 604 gevalle in 2022, wat ’n styging van 6,9% weerspieël.
Hierdie getalle is deur dr. Kalumbi Shangula, die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, op Wêreld-TB-dag aangekondig.
“Ondanks sy klein bevolking, is Namibië deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) as ’n land met hoë vlakke van TB en MIV gelys.”
Hy het verder beklemtoon hoe belangrik dit is om TB in pasiënte te identifiseer en dadelik met behandeling te begin om die verspreiding van die siekte te verminder.
Die verslag dui verder aan dat Namibië, met ’n jaarlikse voorkomssyfer van 450 gevalle per 100 000 bevolking, tans as die 11de hoogste land wêreldwyd in terme van die TB-voorkomskoers lê.
Volgens Shangula het die ministerie reeds op drie distrikte in die ||Kharasstreek begin fokus, spesifiek Karasburg, Lüderitz en Keetmanshoop. Binne hierdie distrikte is ’n totaal van 638 individue wat TB-verwante tekens en simptome toon, glo geïdentifiseer. Onder hulle het 18 individue positief getoets vir TB en het reeds met behandeling begin.
Shangula het op 2 April vanjaar die begroting van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste in die Nasionale Vergadering ten bedrae van N$10,8 miljard ter tafel gelê, waarvan N$233 960 000 aan die ||Kharasstreek toegeken is.
In sy toespraak het Shangula onderneem om “onverpoosd te werk” om die gesondheidsektor te verbeter.
“Ons is daartoe verbind om te verseker dat elke individu wat dienste benodig, ongeag hul sosioëkonomiese status of geografiese ligging, toegang het tot hoë kwaliteit TB-dienste vir voorkoming, diagnose en behandeling.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie