Agente kort vanaf 19 April hul kliënte se volmag om namens hulle aansoek te doen vir persoonlike dokumente by die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit. Foto Kristien Kruger.
Agente kort vanaf 19 April hul kliënte se volmag om namens hulle aansoek te doen vir persoonlike dokumente by die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit. Foto Kristien Kruger.

Agente het binnekort kliënte se volmag nodig

Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit sal voortaan ’n amptelike volmag van agente vereis wat namens kliënte optree en aansoeke by dié ministerie indien.

Die vereiste sal vanaf Dinsdag 19 April 2022 van krag wees.

Volgens ’n mediaverklaring wat die ministerie Dinsdag uitgereik het, sal die beleid van volmag dienslewering en deursigtigheid verbeter, asook kliënte beskerm.

“Die ministerie het verneem agente trek onbehoorlike voordeel uit kliënte wat vir nasionale dokumente wil aansoek doen deur buitensporige fooie te hef of valslik voor te gee dat hulle verbintenisse in die ministerie het,” lui die verklaring.

Die volmag – ’n skriftelike toestemming om namens iemand op te tree – sal aanvaar word vir dienste wat onder die Wet op Immigrasiebeheer 7 van 1993 en die Burgerskapwet I4 van 1990 val en sluit daarom permitte en burgerskap in.

“Geen agente sal toegelaat word om enige werk te doen wat vereis dat die aansoeker fisiek teenwoordig moet wees nie. Agente wat nie aan die vereistes van volmag voldoen nie, sal nie gehelp word nie.”

Die ministerie het verder agente gewaarsku dat regstappe geneem sal word indien enige korrupte praktyke aan die lig kom.

Die volmagvorms kan by die ministerie se kantore landswyd verkry word en kan ook van die ministerie se webtuiste, www.mha.gov.na, afgelaai word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!