Die voormalige mynkommissaris, mnr. Erasmus Shivolo, uitvoerende hoof van myne en energie, mnr. Simeon Negumbo, en minister Tom Alweendo, voor die parlementêre staande komitee. Foto Augetto Graig
Die voormalige mynkommissaris, mnr. Erasmus Shivolo, uitvoerende hoof van myne en energie, mnr. Simeon Negumbo, en minister Tom Alweendo, voor die parlementêre staande komitee. Foto Augetto Graig

Alweendo verduidelik oor litium-ertsuitvoere

110 000 ton goedgekeur vir uitvoer
Die mynbouer Xinfeng Investments mag nog tot 29 November litiumerts na China uitvoer.
Augetto Graig
Die minister van myne en energie en sy top- ministeriële beamptes het gister voor die parlementêre staande komitee oor die ekonomie en openbare administrasie verskyn.

Die voorsitter, mnr. Natangwe Ithete, en lede van die komitee, insluitend parlementslede mnre. Nico Smit, Modestus Amutse en Reggie Diergaardt het almal duidelikheid oor die litium-ertsuitvoere gevra.

Minister Tom Alweendo het uitgebrei oor die uitvoer van rou litiumerts. Volgens hom mag daar altesaam 110 000 metrieke ton litiumerts uitgevoer word.

“Daar is ook waninligting,” het minister Tom Alweendo gesê.

Hy sê die ooreenkoms om die uitvoer van die erts vir toetsdoeleindes toe te laat, is bereik sodat Xinfeng Investments in 2023 sy aanleg in Namibië kan bou.

“Teen die tyd van daardie mediakonferensie [waar hy die uitvoere opgeskort het] is die inligting deurgegee dat hulle meer uitvoer as wat op ooreengestem is,” volgens Alweendo.

Hy sê ook dat die erts slegs 1% litium bevat – gebaseer op dié Chinese mynbouer se bevinding – en dat die vergruiste erts net sowat 1 000 kg suiwer litium sal oplewer.

Die erts word in China getoets om vas te stel watter tipe verwerkingsaanleg by die myn gebou moet word.

“Hulle het egter steeds nie al die erts uitgevoer nie,” sê die minister.

Die bou van die aanleg is deel van die werkprogram waarvoor Xinfeng ʼn mynboulisensie toegeken is, dring hy aan.

Die verlenging van die permitte is tot 29 November.

Hy het verlede maand in die openbaar gesê hy het die uitvoer van litiumerts deur Xinfeng opgeskort. Nogtans het ’n vloot van 80 vragmotor deurentyd erts vanaf die myn buite Omaruru na die hawe in Walvisbaai vervoer.

Vandeesweek het die grootmaat-vragskip die Sea Aquarius in die Walvisbaaise hawe aangekom om meer as 50 000 metrieke ton litiumerts te laai vir verskeping na China.

Die mynbouministerie het sedertdien bevestig dat die vervoer- en uitvoerpermitte weer geldig is, nadat die maatskappy verduidelik het dat daar reeds ooreenkomste vir die uitvoer is, wat nagekom moet word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!