August 26 ondersoek onderdeel-sage
August 26 se raad van direkteure het tydens ’n buitengewone vergadering ’n ondersoek van stapel gestuur oor bewerings dat ’n faktuur van N$8 miljoen vir ’n enkele motoronderdeel uitgereik is.
Die direksie beplan om “gepaste aksie” te neem teen diegene wat betrokke was.
Die ondersoek volg nadat die leier van die Affirmative Repositioning, Job Amupanda, ’n faktuur versprei het wat beweer die ministerie van verdediging en veteranesake het ’n motoronderdeel van sy filiaalmaatskappy Windhoeker Maschinenfabrik (WMF), bestel met senior beamptes by August 26 Holdings wat glo die faktuur tot N$8 miljoen vir persoonlike gewin opgeblaas het.
August 26 se raadsvoorsitter, Fillimon Shafashike, het op navrae van Network Media Hub (NMH) bevestig dat die buitengewone vergadering soos beplan plaasgevind het en spesifiek belê is om Amupanda se bewerings te ondersoek.
Hy het egter vinnig bygevoeg dat die besprekings vertroulik bly.
“Hoewel die besonderhede vertroulik bly, is die direksie verbind tot deursigtigheid en om die kwessie in lyn met regeringsprotokol op te los,” het Shafashike gesê.
Die ondersoek betrek ook August 26 se uitvoerende hoof, Ndajoina Shalumbu, wat daarvan beskuldig word dat hy WMF-beamptes opdrag gegee het om ’n kwotasie op te maak wat bykomende onderdele lys om die faktuur van N$8 miljoen te regverdig. Shalumbu wou nie verlede week hieroor kommentaar lewer nie.
Volgens Shafashike is alle bewerings getakel, met die direksie wat die nodige stappe doen om die kwessie op te los. Dit sluit optrede in wat met Shalumbu verband hou.
“In hierdie stadium bly die uitkoms van die buitengewone raadsvergadering vertroulik om die integriteit van die proses te bewaar. Ons kan jou verseker dat die ministerie van verdediging as die uiteindelike aandeelhouer, ingelig sal word sodra alle interne prosesse gefinaliseer is,” het Shafashike verduidelik.
BEWERINGS
Amupanda het beweer die verdedigingsministerie het ’n motoronderdeel van WMF bestel en dat sommige senior beamptes in August 26 Holdings – ’n moedermaatskappy van WMF – geld uit die transaksie wou maak deur die rekening tot N$8 miljoen op te blaas.
Tydens ’n mediakonferensie wat byeengeroep is om Amupanda se bewerings aan te spreek, het die verdedigingsministerie se uitvoerende direkteur, Wilhelmine Shivute, gesê die faktuur wat die aktivis op sosiale media gedeel het, was vir die aankoop van “duisende” voertuigonderdele vir die weermag se Weerwolf-pantserpersoneeldraer.
Die onderdele wat by WMF bestel is, was vir ’n enkele tipe voertuig en gelys as een item, ten spyte van “duisende” onderdele wat bestel is, was Shivute se verduideliking aan die media.
Amupanda het egter later briewe tussen Petrus Anton, WMF se besturende direkteur, en die maatskappy se finansiële hoof, Anna Max, vrygestel waarin albei beweer Shalumbu het WMF opdrag gegee om ’n kwotasie te vervals wat onderdele bevat wat na bewering vir N$8 miljoen gekoop is.
In ’n brief gedateer 20 November het Anton vir Shalumbu vir ’n verduideliking gevra oor sy beweerde instruksie aan WMF-personeel.
“Woensdag 20 November 2024 het jy na ons kantoor gekom nadat jy die aangehegte e-pos gestuur het om my mense opdrag te gee om ’n kwotasie te maak wat ons nie het nie.
“Soos ek al voorheen uitgewys het, het ek probleme daarmee dat jy na my kantoor toe kom en vergaderings met my mense hou of vir hulle instruksies gee. Dit is na my mening oneties, het Anton geskryf.
“Laastens moet ek verstaan hoekom jy instruksies gegee het om hierdie kwotasie te vervals. Jy is ingelig dat die kwotasie nie bestaan het nie, hoekom voortgaan om dit te laat opstel?”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie