Begroting ‘blote lugkastele’
Sosioëkonomiese kwessies moet eerste aandag geniet
In beginsel handhaaf die nasionale begroting bloot die huidige status quo.
Die nasionale begroting misluk om direk en voldoende die toenemende armoede en werkloosheid in die land te takel, met ’n duidelike afwesigheid vir die ontwikkeling van vaardighede en toegang tot lenings.
Só het mnr. McHenry Venaani van die Popular Democratic Movement (PDM) in die parlement gereageer op die nasionale begroting wat die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi ter tafel gelê het en wat gemik is op die Namibiese jeug tussen die ouderdomme van 15 en 31 jaar. Venaani het die begroting as “blote lugkastele” beskryf, met die ministerie van sport, jeug en nasionale diens wat ’n skamele N$330 miljoen gekry het teenoor die ministerie van verdediging en veteranesake se N$871 miljoen wat dié ministerie die derde grootste begunstigde maak.
Volgens hom moet die sosioëkonomiese kwessies wat inwoners teister, heel eerste aandag geniet
“In beginsel dien die begroting bloot om die huidige toestand (status quo) te handhaaf.”
Hy het verwys na stygende ongelykheid en ekonomiese verval wat die afgelope twee jaar versleg het.
“Die verwagting was dat hy ’n besliste pad na fiskale dissipline en ekonomiese groei sou voorsien, maar hy het ’n versigte benadering verkies.”
Venaani het na die land se skuld verwys wat aanhou styg, met rente- en afbetalings wat N$9,2 miljard of 15,4% van die beraamde inkomste verteenwoordig. Lenings van beide plaaslike en buitelandse bronne gaan staatskuld tot N$140,3 miljard of 71% van die land se bruto binnelandse produk (BBP) verhoog.
“Die minister het Namibië ’n leen-ekonomie gemaak en weerspreek maatreëls wat in 2016 ingestel is om die tekort te verminder en skuldvlakke te stabiliseer.”
Die PDM het Shiimi se aankondiging verwelkom dat NamRA ’n gewysigde elektroniese liasseerstelsel vir belastingverligting vir die volgende 12 maande gaan instel.
Venaani sê die regering se mislukking om ’n duidelike pad vir die betrokkenheid van die private sektor by staatsbeheerde entiteite uit te stip, hou ’n finansiële risiko tot die fiskus in.
Met verwysing na die ministerie van onderwys se porsie van N$14,1 miljard van die begroting, het hy gesê die toekenning van onvoldoende fondse vir die ontwikkelingsbegroting het bygedrae tot die lae onderhoud van infrastruktuur, terwyl stygende leerlinggetalle die finansiering van onderwys se herhaalde koste nog moeiliker maak.
“Die antwoord is nie om geld in ’n stelsel te stort wat nie werk en net ’n paar bevoordeel nie. Die hele stelsel moet hervorm word.”
Intussen het mnr. Bernardus Swartbooi van die Landless People's Movement die begroting as “swak” beskryf wat baie min beteken vir die bou van ’n sterk en vooruitstrewende samelewing.
“Wanneer gaan die histories benadeelde man en vrou, toegedraai in vryheid en demokrasie as ’n bewys van historiese en glorieryke sukses, ooit ’n ordentlike lewe in ’n post-koloniale Namibië lei,” het Swartbooi in sy reaksie op die begroting gevra.
Volgens hom wil dit voorkom asof die enigste verspreiding van rykdom wat gesien kan word, ’n korrupte netwerk van die elite is wat die staat vir hul eie ekonomiese bemagtigingsagenda gekaap het.
“Onder sulke omstandighede het burgers nooit toegang tot geleenthede om ’n ander en beter lewe vir hul kinders te bou nie.”
Swartbooi sê die staat het voldoende hulpbronne om ’n nuwe klimaat vir besigheid en bemagtiging te skep, maar het “klaaglik misluk en daar is geen kans dat daar skielik ’n verandering in optrede en denke sal wees nie.”
Hy het weer die LPM se pleit herhaal vir die ontwikkeling van landbou vir groter ekonomiese groei.
“Teen die huidige begrotingskoers is dit vir die meeste Namibiërs net ’n droom. Baie gaan aanhou met honger en wanvoeding saamleef. Nie veel word aan die landelike ekonomie deur middel van ingrypingstrategieë gedoen wat bekostigbare kapitaal insluit om voedselproduksie te versnel nie.”
Volgens hom sou die LPM die finansiering van die ekonomiese sektor tot ten minste 35% van die begrotingstoekenning verhoog het, sodat produktiewe sektore van die ekonomie die nodige ondersteuning kan kry om groei aan te wakker. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie