Brande eis reeds halfmiljoen hektaar
Doen voorkomende stappe, maan ministerie
Alhoewel groot gebiede vanjaar nie baie reën ontvang het nie, is daar steeds gebiede wat genoeg droë materiaal het wat kan brand.
Sedert April, die begin van die huidige brandseisoen, het reeds sowat 499 344 ha se veld afgebrand. Alhoewel groot gebiede vanjaar nie baie reën ontvang het nie, is daar steeds gebiede wat genoeg droë materiaal het wat kan brand.
Dit volgens die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, wat einde Junie ‘n beroep gedoen het op lede van die publiek, boere en diegene wat eiendom besit om maatreëls in plek te stel om veldbrande sover moontlik te voorkom.
Die ministerie sê hy het reeds sy stelsels vir die beheer van brande geaktiveer - wat die onderhoud van brandpaaie, voorkomings- en bestrydingsmaatreëls vir brande, bewusmakingsveldtogte asook skakeling met rolspelers insluit.
Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, sê sowat 33 km se brandpaaie is reeds oraloor die land skoongemaak – met werk in dié verband wat steeds voortduur. Hy het ook ‘n beroep op houtskoolprodusente gedoen om gehoor te gee aan die riglyne wat die ministerie vroeg in 2022 uiteengesit het.
Muyunda sê altesaam 2,4 miljoen ha se veld het verlede jaar afgebrand, vergeleke met altesaam 3 miljoen ha in 2022. Daarbenewens is vyf mense tydens die 2022-brandseisoen beseer, terwyl drie mense dood is.
Groot verliese aan vee en wild gaan ook jaarliks gepaard met veldbrande in Namibië.
Muyunda sê Namibië se brandseisoen begin reeds in April en kom rondom September tot ‘n einde, maar het die afgelope jare groot skade aan eiendom en die omgewing aangerig. Daarbenewens word Namibië se brandseisoen gekenmerk deur sterk winde, hoë temperature en droë veld, wat aanleiding kan gee tot brande wat buite beheer raak.
Van die maatreëls vir die bekamping van veldbrande wat Muyunda voorstel, sluit in dat daar toesig oor kinders moet wees wat vuurmaak, dat vure en kampvure heeltemal geblus moet word nadat dit gebruik is, dat gras rondom huise kort gehou moet word en dat sigaretstompies behoorlik geblus moet word.
Hy raai mense aan om nie vure in sterk windtoestande te maak nie, seker te maak elektriese toerusting is in ‘n goeie werkende toestand, asook dat toerusting vir brandbestryding ook gereed en in ‘n goeie werkende toestand is.
Muyunda sê sodra veldbrande begin, moet alle belangegroepe saamspan om dit te blus. Hy het ‘n beroep op die publiek gedoen om die ministerie se naaste kantoor, asook die Namibiese polisie, streekrade en dorpsrade asook tradisionele owerhede in kennis te stel wanneer veldbrande uitbreek.
Hy sê verlede jaar het die meeste veld in die in die Kavango-Wesstreek afgebrand, met veldbrande wat altesaam 815 724 ha vernietig het. Daarnaas was die Otjozondjupastreek die gebied waar veldbrande die tweede meeste verwoesting gesaai het – altesaam 577 926 ha, gevolg deur die Zambezistreek waar veldbrande sowat 327 326 ha geëis het. In die Omusatistreek is 212 529 ha verwoes, in die Kavango-Oosstreek 110 334 ha, die Hardapstreek 96 679 ha en in die ||Kharasstreek 93 579 ha.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie