Sioka reveals N$29 million budget for GBV programs.edited
Sioka reveals N$29 million budget for GBV programs.edited

Byna N$30 miljoen vir GBV-programme

Toename in huishoudelike geweld
Die ministerie se totale begroting vir die 2024-'25-boekjaar is N$7,9 miljard.
Elizabeth Kheibes
Die minister in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, Doreen Sioka, het ’n toekenning van N$29,8 miljoen aangekondig vir projekte wat ten doel het om geslagsgebaseerde geweld (GBV) in die 2024-’25-boekjaar te bekamp.

Die ministerie se totale begroting vir hierdie boekjaar is N$7,9 miljard.

Oor die laaste paar maande het Namibië ’n toename in voorvalle van huishoudelike geweld gemerk, waarvan die meeste tot die dood van die slagoffer gelei het.

In verskeie voorvalle is berig dat slagoffers sake teen hul oortreders aanhangig gemaak het, maar hulle kon nie hul lot vryspring nie.

Sioka het aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê die begroting om geslagsgebaseerde geweld te bekamp is elke jaar dieselfde, en die ministerie hoop om ondersteuning van die verskillende strukture onder hom te sien in die stryd teen dié soort geweld.

BEWUSMAKINGSVELDTOGTE

“Vanjaar hoop ons om die bewusmakingsveldtogte op te skerp deur ons koördineringsmeganismes te verbeter, wat beteken dat ons teenwoordigheid in die streke ook uitgebrei moet word.

“Hierdie koördinering begin vanaf die kiesafdelingsvlak en daar moet vergaderings op streekvlak gehou word en dan eers kan die kwessies na nasionale vlak verwys word,” het sy gesê.

“Die ministerie sien nie alles nie en word eers gewaarsku wanneer die media dit uitwys, dan kan ons die optrede veroordeel. Almal moet help om dit te beveg, nie net die ministerie nie,” het Sioka bygevoeg.

Tydens haar begrotingsmotivering het sy verder gesê dat N$12,75 miljoen vir uitgawes in die kantore van die minister en haar drie adjunkministers bewillig is.

Daarbenewens is N$12 miljoen vir die ministerie se ontwikkelingsbegroting geoormerk, wat die bou van ’n gemeenskapsentrum op Keetmanshoop, die opknapping van die plaas Kaukurus in die Omahekestreek en tuistes van veiligheid en skuiling insluit, asook die opknapping en instandhouding van die Namibia Children’s Home in die Khomasstreek.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!