Calle besoek Omaheke, Otjozondjupa
Subsidies vir produksieprogramme
Van die kwessies onder bespreking, sluit in die lewering van die regering se droogte-inisiatiewe op streekvlak, die hervestigingsprogram, onwettige heinings in kommunale gebiede, watervoorsiening en sanitasie, die implementering van toeganklike grondbesit en mynbou in waterbeskermde gebiede.
Die minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein, besoek tans die streke van Omaheke en Otjozondjupa om met belanghebbendes soos kommunale grondrade en hervestigingskomitees te vergader asook met kommunale en kommersiële boere.
Sy reis het Maandag in die Omahekestreek afgeskop en duur tot 21 Augustus.
Eerste aan die beurt was vergaderings met die Omaheke-goewerneur, Pijoo Nganate, en streekraadslede, asook die burgemeester van Gobabis, Melba Tjozongoro, om verskeie programme te bespreek wat deur die ministerie gelei en op streekvlak geïmplementeer word.
Van die kwessies onder bespreking, sluit in die lewering van die regering se droogte-inisiatiewe op streeksvlak, die hervestigingsprogram, onwettige heinings in kommunale gebiede, watervoorsiening en sanitasie, die implementering van toeganklike grondbesit en mynbou in waterbeskermde gebiede.
Die minister word vergesel deur dr. Elijah Ngurare, die direkteur van waterwese; Petrus Nangolo, die direkteur van grondhervorming (RRPI); dr. Johannes Shoopala, die waarnemende hoofveeartsenybeampte en Ben Haraseb, die waarnemende direkteur van landbou-ontwikkeling.
STAMPRIET-AKWIFER
Schlettwein het Woensdag met boere en gemeenskappe van Leonardville vergader en onder meer kwessie van die Stampriet-akwifer bespreek. Gegewe die agtergrond van moontlike mynbou-aktiwiteite wat in die Omahekestreek kan plaasvind, het hy uitgelig wat die ministerie se huidige posisie is en watter stappe geneem moet word, soos onder meer verdere studies. Boorpermitte is ook bespreek.
Schlettwein het die vorming van die Stampriet-akwifer verduidelik in 'n poging om 'n begrip te skep van hoe ondergrondse water in die algemeen deur ondergrondse mynbedrywighede besoedel kan word.
Intussen het die landbouministerie onlangs die riglyne van gesubsidieerde produksieprogramme beskikbaar gestel.
Dié programme sluit in die produksie van suiwel, pluimvee, tuinbou- en droëlandgewasse, asook bewaringslandbou.
Die programme is bedoel vir die jeug, vroue en voorheen benadeelde gemeenskappe.
Volgens die woordvoerder van die ministerie, Jonah Musheke, is die subsidies so hoog soos ’n minimum van 65% en 50%.
Hy sê sommige streke is “sterk” in pluimvee, sommige in tuinbou, en elkeen word dienooreenkomstig geakkommodeer.
Tuinbouprodusente se besproeiingstelsel kan ter waarde van N$140 000 gesubsidieer word.
SUIWELPRODUSENTE
Die Suiwelwaardeketting-ontwikkelingskema vir 2024-’25 fokus op die integrasie van kleinskaalse landelike suiwelprodusente in die nasionale suiwelbedryf. Die landbouministerie meen dit kan bydra om Namibië selfversorgend in melk en suiwelprodukte te maak.
Die program sal in die streke van Otjozondjupa, Omaheke, Hardap en Zambezi geïmplementeer word, en sal 60 bestaande suiwelprodusente teiken. Elke streek sal in totaal N$1 miljoen ontvang, tesame met ’n bykomende N$250 000 vir kapasiteitsbou.
Die ministerie is gereed om suiwelprodusente tot N$200 000 per boer te subsidieer, asook vir diegene wat bydra tot die suiwelwaardeketting wat van voorneme is om masjinerie, voorraad of ’n gehaltebul aan te koop.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie