Dausab stel wysigings aan egskeidingswet voor
Jemima Beukes – Die proses om Namibië se egskeidingswet te hervorm, het reeds in 2004 begin en die minister van justisie, Yvonne Dausab, het onlangs ’n stel wysigings aan dié wet voorgestel.
Dié wysigings is gemik om die privaatheid van sekere regsprosedures te beskerm en die publiek se toegang tot hofdokumente in skeisake te beperk.
Hierdie hervormings sluit ook die uitskakeling van regsbegrippe soos die “herstel van huweliksregte” in wat gades dwing om saam te woon en “geregtelike skeiding” wat die wetlike skeiding sonder egskeiding stipuleer.
Daar word ook beoog om die Hoërhofwet van 1990 en die Wet op Landdroshowe van 1944 te wysig om sekere howe die jurisdiksie te gee om egskeidingsake te behartig.
In haar beroep verlede week om ’n nuwe wetsontwerp op egskeiding in te dien, poog Dausab om die wet op egskeidings te konsolideer en te hervorm met beduidende wysigings aan die gronde van egskeidings, toesigreëlings, gade-onderhoud en verwante aangeleenthede.
Van die sleutelbepalings wat in die wetsontwerp uiteengesit word, is die afskaffing van gemeenregtelike gronde vir egskeiding, sowel as gronde vir egskeiding gespesifiseer in wetgewing wat die wet voorafgegaan het.
Dausab het ook voorgestel dat die nuwe wetsontwerp op egskeidings duidelike riglyne vir toesig, voogdyskap en toegang tot kinders uit die huwelik daargestel word.
Verder takel die voorgestelde wetgewing finansiële aspekte van egskeidings, insluitend gade- en kinderonderhoud, periodieke toelaes, asook om voorsiening vir die verbeuring van familievoordele (patrimonial benefits) te maak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie