Dranklisensies se getalle onthul
Byna 400 sjebeens en 408 spesiale lisensies in Khomas
Die handelsministerie streef na eenvormigheid in wetstoepassing en om verbruikers van hul regte in te lig.
In die Khomasstreek is tans 1 163 geldige lisensies vir die verkoop van alkoholprodukte uitgereik, insluitend 382 hernude en nege nuwe sjebeenlisensies.
Volgens die nuutste statistiek op rekord by die Khomasstreekkomitee vir dranklisensies is hierbenewens 408 spesiale lisensies toegestaan, waarvan 372 vir vanjaar hernu is, en 36 nuwe lisensies is uitgereik.
Vyf nuwe drankwinkels is goedgekeur, terwyl 102 lisensies vir drankwinkels hernu is.
In die Khomasstreek is een brouerslisensiehouer en een lisensiehouer vir ’n distilleerdery. Aan een restaurant is ’n nuwe dranklisensie toegestaan, om dié totaal tot 22 op te stoot, terwyl drie kruidenierswinkels goedkeuring as nuwe dranklisensiehouers verkry het om dié totaal op 108 te plaas.
Nuwe lisensies is ook aan vyf hotelle toegestaan (totaal 60) en vier nuwe groothandellisensies is uitgereik (nou 44 in die streek).
Die ministerie van handel en nywerheidsontwikkeling het Vrydag in Windhoek met belanghebbers vergader om vrae oor die toepassing van die Wet op Drank nommer 6 van 1998 te beantwoord.
VERBRUIKERS SE REGTE
By die geleentheid het die ministerie ook sy beleid op beskerming van verbruikers vanaf 2020 tot 2025 voorgestel, en vordering met die wetskonsep op verbruikers beskerming gedeel.
Die minister, me. Lucia Iipumbu, het gesê die drankwet is lankal van krag, maar daar is steeds verwarring omdat die besonderhede van die wet, en die bykomende regulasies, nie goed verstaan word nie. Sy sê dis nou ’n geskikte tyd om die beheer van alkohol te bespreek, aangesien die feesseisoen om die draai is.
Sy sê misbruik van alkohol is ’n faktor in vele maatskaplike probleme, terwyl dronkbestuur lewens eis.
“Ons moet hande vat om verantwoordelike gebruik van alkohol aan te moedig,” het sy aan verteenwoordigers van drankhandelaars gesê. Die Selfregulerende Alkoholbedryfsforum (SAIF) en die Sjebeenvereniging van Namibië, onder andere, was goed verteenwoordig.
Sy sê die ministerie het opgelet dat die wet en regulasies soms verskillend deur die verskeie streeksrade geïnterpreteer word, terwyl wetstoepassers ook nie eenvormigheid handhaaf nie. Gedurende die veldtog om opleiding en inligting in verband met die wet op alkohol te deel, sal die ministerie ook poog om entrepreneurs te help, sê sy.
Rakende die beskerming van verbruikers is die benadering om hulle van hul regte in te lig, terwyl onregverdige en onetiese sakepraktyke getakel en regverdige handel aangemoedig moet word. “Doeltreffende beskerming van verbruikersregte is krities belangrik,” sê sy.
Vir dié doel is die afdeling vir verbruikersbeskerming binne die ministerie gevestig, sê sy. “Ons kyk na die verbruikers beskerming wetskonsep en sal julle weer binne kort nader daaroor. Ek sien uit na die toepas van die nuwe wet.”
LISENSIEKOMITEES
Die waarnemende adjunk uitvoerende direkteur vir handel in die ministerie, me. Diina Nashidengo, sê daar is 13 streekkomitees vir alkohollisensies landswyd, elk met vyf lede en onder die leierskap van ’n senior landdros vanaf die betrokke streek.
In Khomas is hooflanddros mnr. Venatius Alweendo die komiteevoorsitter.
Sy sê die enigste wysiging van die wet wat in 2015 geskryf is, is om die handelsure van sjebeens aan te pas, maar die wysiging is nog nie van krag nie.
Op ’n vraag deur mnr. Danny Meyer van SME’s Compete oor die toepaslikheid van die wet op entrepreneurs wat mobiele besighede bedryf en alkohol wil voorsien, sê Alweendo hulle kan vir spesiale lisensies aansoek doen.
Spesiale lisensies dek ook alkoholverkope by onder meer teaters en kulturele geleenthede, sportvelde, toeristekampe, treinstasies, op treine en op skepe.
Hy sê die komitee moet elke tweede Woensdag van die maand vergader, ingevolge die wet, en dat teenkanting teen enige besluit binne 14 dae ingedien moet word, tensy ’n vertraagde klag deur ’n versoek vir vrystelling vergesel word.
Aansoeke om dranklisensies moet ook met advertensies in plaaslike koerante gepaard gaan, om die publiek die geleentheid te gee om beswaar te maak, noem hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie