Droogtehulp vir Oshana

Sanet Pearson
Tuyeimo Haidula – ’n Gebrek aan voldoende reënval in die noordelike streke het bestaansboere so erg geraak dat planne reeds in werking gestel is om droogtehulp aan die Oshanastreek te verskaf, met 12 790 begunstigdes wat tot dusver geregistreer is.

Dié syfer is Dinsdag deur die goewerneur van die Oshanastreek, Elia Irimari, bekend gemaak toe die streekraad kospakkies aan geaffekteerde huishoudings in Ongwediva, Oshakati en Ondangwa oorhandig het.

Irimari het gesê talle gesinne staar uitdagings in die gesig om toegang tot voldoende voedsel en basiese benodigdhede te kry, wat tot verhoogde kwesbaarheid en swaarkry lei.

In tye soos hierdie het Irimari gesê dit is verblydend om die solidariteit en ondersteuning van verskeie plaaslike en buitelandse belanghebbendes te sien.

Hy het ’n beroep gedoen op plaaslike owerhede wat verantwoordelik vir die verspreiding van voorrade is om te verseker dit bereik diegene wat dit die nodigste het en dat voedsel regverdig versprei word.

Hy het boere daaraan herinner dat die ploegseisoen aangebreek het en daar verskeie staatsubsidies beskikbaar is deur die landbouministerie wat gemik is op voedselproduksie en die maksimalisering van oeste.

Die voorsitter van die Oshana-streekkomitee, Andreas Uutoni, het gesê die kospakkies sluit mieliemeel, kookolie en geblikte vis in en gesê 552 huishoudings sal na verwagting voordeel uit die kospakkies trek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!