‘Dwing visumtariewe af’
VK beskuldig van ‘boelietaktiek’
Die Namibiese regering kan 'n beduidende inkomste genereer as daar van besoekers vereis word om vir visums te betaal.
Ogone Tlhage - Die Swapo-wetmaker, Tobi Aupindi, sê die regering moet visumtariewe hef op lande wat verwag dat Namibiërs moet betaal wanneer hulle dié lande binnegaan.
Aupindi het die opmerkings in die Nasionale Vergadering (NV) gemaak tydens die bespreking van die begrotingswetsontwerp. Aupindi se beroep volg ná ֹ’n besluit van die Verenigde Koninkryk (VK) in Julie vanjaar om visumvrye voorwaardes vir Namibiërs op te skort wat dié land binnekom. Voor dit kon Namibiërs die VK sonder ’n visum besoek.
“Ek stel visumtariewe vir al die lande voor wat van Namibiërs verwag om ’n visum te hê om daarheen te reis. Hulle kom hiernatoe en kom die land gratis binne, terwyl ons buitensporige tariewe moet betaal net om hul lande te besoek,” het hy gesê.
‘MAKLIKE KONTANT’
Aupindi het as voorbeeld ’n land genoem wat buitensporige inkomste kon genereer omdat hulle van besoekers vereis het om vir hul visums te betaal om toegang tot die betrokke land te verseker.
“In een spesifieke Afrikaland het twee miljoen van sy inwoners aansoek gedoen vir besoekersvisums vir ’n spesifieke Westerse land. Dit kos US$250 (N$4 890) per aansoek, ongeag of die aansoek suksesvol was of nie,” het Aupindi gesê.
“Net sowat 5 000 aansoekers is goedgekeur, maar hierdie buitelandse regering het US$500 miljoen per jaar gemaak. Ons moet dus visumtariewe instel, selfs as die betrokke land nie ’n visum vereis nie,” het hy bygevoeg.
Aupindi het die VK se besluit dat Namibiërs voortaan ’n visum nodig het, soortgelyk aan boelietaktiek beskryf.
“Ek het wel in ’n plaaslike koerant gesê so ’n besluit deur die VK kan as boelietaktiek deur ’n ouer broer beskryf word, wat buite die omvang van ’n goeie bilaterale verhouding optree.
“Dit sonder die oorweging van die impak wat so ’n besluit op gewone Namibiërs het wat die land ingaan as toeriste of vir besigheid. Ek doen ’n beroep op die Namibiese regering om met onmiddellike effek dieselfde wederkerige besluit vir dié land te neem.”
Die VK het sy besluit verdedig om visumvrye toegang vir Namibiërs op te skort as gevolg van die land se immigrasiebeheer wat misbruik is. Voor die besluit opgehef is, kon Namibiërs die land vir ’n tydperk van tot 90 dae besoek.
Volgens ’n verklaring wat die Britse hoëkommissariaat in Windhoek uitgereik het, het die VK sedert 2016 ’n skerp styging in asielaansoeke deur Namibiërs ervaar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie