357084445_579725824333450_5141082834424691323_n
357084445_579725824333450_5141082834424691323_n

Ekandjo beskuldig regbank van ‘sataniese gedrag’

Stel wysiging van huwelikswet voor
'n Voormalige minister beweer 95% van Namibiërs ondersteun nie selfdegeslaghuwelike nie.
Elizabeth Joseph,Tanja Bause
Elizabeth Joseph – Die voormalige minister van jeug, Jerry Ekandjo, het die regters van die hooggeregshof daarvan beskuldig dat hulle “sataniese gedrag bevorder” deur aspekte van die land se Grondwet oor die hoof te sien en ten gunste van gades te beslis wat in die buiteland met Namibiërs van dieselfde geslag getroud is.

Hy het verlede week in die Nasionale Vergadering gepraat toe hy sy mosie gemotiveer het waarin hy vra dat die parlement drastiese stappe moet doen om die hooggeregshof se uitspraak oor selfdegeslaghuwelike te herroep, wat sedertdien die openbare mening verdeel het.

In Mei het Namibië die tweede land op die vasteland geword wat selfdegeslaghuwelike wat in ander lande voltrek is, erken.

“Die hooggeregshof het doelbewus Hoofstuk 14 van die Grondwet geïgnoreer om tot hul gewenste gevolgtrekking te kom. Dit moet logies wees dat die uitspraak ’n goed berekende stap was om voorsiening te maak vir daardie Namibiërs wat by die sataniese daad betrokke wil raak en hofsake aanhangig gemaak het, met die wete dat die hof in hul guns sal beslis,” het hy gesê.

Hy het gesê die regters “moet ook hul belange verklaar omdat ons nie die bevordering van sataniese gedrag kan toelaat nie”.

“Net die parlement maak wette, nie die howe nie. Dit moet verstaan word dat regters nie bo hierdie Huis is nie.

“Dit is die enigste liggaam wat deur die mense verkies word, daarom kan ons nie toelaat dat ons deur die regbank beledig word nie, aangesien hulle blykbaar ten doel het om buitelandse belange tevrede te stel.”

WETSONTWERP

Hy het sy wetsontwerp oor private lede gemotiveer, wat ten doel het om hom op Artikel 81 van die Namibiese Grondwet te beroep wat die parlement toelaat om ’n uitspraak van die hooggeregshof te weerspreek, asook om die huwelikswet te wysig.

Ekandjo, wat beweer dat 95% van Namibiërs nie selfdegeslaghuwelike en -verhoudings ondersteun nie, wil hê die parlement moet die hooggeregshof se uitspraak ter syde stel.

Artikel 14 van die Grondwet bepaal dat die huwelik slegs met die vrye en volle toestemming van die voornemende gades, tussen mans en vroue van meerderjarige ouderdom, aangegaan mag word sonder enige beperking weens ras, kleur, etniese oorsprong, nasionaliteit, godsdiens, geloof of sosiale of ekonomiese status.

Hy het by sy vroeëre standpunt gestaan dat die toelating van selfdegeslaghuwelike teenstrydig is met die waardes en kulturele norme van Namibiërs, en daarom behoort dit nie toegelaat te word nie.

Die voorgestelde wysigings aan die wet op huwelike lui: “Enige huweliksbeampte wat voorgee om ’n huwelik te voltrek wat hy of sy nie kragtens hierdie wet gemagtig is om te voltrek nie, of wat na hy of haar wete wetlik verbied word... sal skuldig wees aan ’n oortreding en is strafbaar met ’n boete van nie meer as N$100 000, of by die gebrek aan betaling, met gevangenisstraf van nie meer as ses jaar, of met beide.”

Sy mosie is wyd deur lede van beide die regerende party en opposisielede ondersteun en is sedertdien na die komiteestadium verwys.

“VERLIG”

Sophia Shaningwa, die sekretaris-generaal van Swapo, het gesê sy ondersteun Ekandjo se mosie.

“Ek wil agbare Ekandjo bedank dat hy hierdie wetsontwerp na die Huis gebring het, want hy het duidelik namens alle Namibiërs gepraat wat vrae oor hierdie aangeleentheid gevra het.

“Deur hom is Namibiërs verlig en kan hulle nou rustig slaap omdat hulle vrae beantwoord is,” het sy gesê.

Shaningwa het onlangs dr. Albert Kawana, die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, die stryd aangesê en hom daarvan beskuldig dat hy nie gehoor gegee het aan opdragte van die regerende party om ’n mosie in die parlement ter tafel te lê wat daarop gemik is om enige vorm van gay regte te verbied nie.

Sy het haar kommer uitgespreek nadat die ministerie van binnelandse sake ’n kennisgewing uitgereik het waarin die publiek ingelig word dat dié ministerie die uitspraak van die hooggeregshof oor selfdegeslaghuwelike wat in die buiteland voltrek is, sal eerbiedig.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!