‘Energie-oorgang moet bekostigbaar wees’
Bousteen vir armoede-uitwissing
Die landbouminister woon tans die Beraad oor Skoon Kosmaak in Afrika in die Franse hoofstad, Parys, by.
Die finansiering om kos onder higiëniese toestande gaar te maak (skoon kosmaak), is veel meer as die finansiering van energie-oorgang; dit moet die finansiering van waterinfrastruktuur, sanitasiestelsels en energieslim-behuising insluit.
Trouens, sê die minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein, dit is ’n belangrike bousteen van die finansiering van armoede-uitwissing.
Hy het by die Beraad oor Skoon Kosmaak in Afrika in die Franse hoofstad, Parys, gevra: “Baie tegnologieë is reeds beskikbaar om ’n skoon lewe te verbeter, wat energieslim-huise, slim watergebruike en die omskakeling van riool en afvalwater in herbruikbare hulpbronne insluit, maar is dit bekostigbaar vir almal?”
Gesinne en gemeenskappe moet finansieel die vermoë hê om skoon te leef, in ’n skoon omgewing kos te maak en hulpbronne volhoubaar te benut, het Schlettwein beklemtoon.
“Inklusiewe strategieë wat armoede takel en volhoubaarheid in hulpbronbenutting bevorder, moet die prioriteit wees.”
Die minister sê Namibië verwelkom die inisiatief om “skoon kosmaak” in die omgewings-, ontwikkelings-, finansiële en energietransformasie-agenda in te sluit, maar “bo en behalwe skoon energie teen bekostigbare tariewe, is die behoefte om die huidige waterkrisis te takel, ’n dringende werklikheid”.
’n Verbeterde kapasiteit om skoon water en higiëniese sanitasie te lewer – teen bekostigbare tariewe vir mense, nywerhede en die omgewing – is nodig vir ontwikkeling, meen Schlettwein.
“Eweneens moet landbouproduksie skoon wees sodat die voedsel en graan wat geproduseer word, inderdaad skoon en bekostigbaar vir almal, en omgewingsvolhoubaar is. ’n Verdere voorvereiste sal skoon en veilige behuising wees, ook teen bekostigbare pryse.”
Skoon kosmaak kan egter nie benader word deur uitsluitlik na die energieagenda te kyk nie, sê Schlettwein.
“’n Veel breër, meer diverse en geïntegreerde benadering is nodig. Die bestanddele vir skoon kook is onder andere skoon energie, water, kos, eetgerei en laaste maar nie die minste nie, skoon behuising met higiëniese en skoon sanitasiestelsels.”
‘LENINGS HELP NIE’
Hy benadruk ’n gebrek aan finansiële vermoë in beide openbare en private sektore het Namibië en baie ander Afrikalande verhinder om skoon kosmaak te realiseer.
“Alhoewel ons saamstem dat die teiken van skoon kosmaak teen 2030 realisties is, moet ons onthou dat Afrika-ekonomieë meestal met skuld oorlaai word. Finansieringsmodelle wat meer lenings aanvaar om die skoonkookkrisis op te los, sal dus nie ’n lewensvatbare finansieringsopsie vir Afrika-ekonomieë bied nie.”
Die minister het herhaal Namibië het die ambisie om die energiespilpunt in die Suider-Afrikaanse streek te word deur sy beskikbare energiebronne volhoubaar te benut met die ontdekking van beduidende olie- en gasbronne, wat dit moontlik die derde grootste olieprodusent op die Afrika-vasteland kan maak.
“Terselfdertyd is Namibië aan die voorpunt van die ontwikkeling van sy groenwaterstofbronne deur die ontginning van son- en windbronne, wat wêreldwyd as van die beste beskou word.
“Namibië se ekonomiese en omgewingsvoorspoed en toekoms is dus in ’n groot mate afhanklik van hoe hierdie hulpbronne aangewend word om volhoubare ontwikkeling, langdurige ekonomiese groei en welvaartskepping teweeg te bring, terwyl ons bydrae tot ’n betekenisvolle energie-oorgang terselfdertyd verhoog word, het Schlettwein gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie