Etosha roads
Etosha roads

Etosha se paaie gerehabiliteer

Opgegradeer na asfalt-standaarde
Die omgewingsministerie is tevrede met die vordering en gehalte van die opgraderingswerk wat reeds voltooi is.
Tanja Bause
Ellanie Smit – In die Etosha Nasionale Park is altesaam 224 km se paaie gerehabiliteer, waarvan 86 km in 2023 tot asfalt-standaard (bitumen) opgegradeer is.

Dit volgens die uitvoerende direkteur van die omgewing, bosbou en toerisme, Teofilus Nghitila, wat gesê het die toerismesektor is steeds ’n belangrike ekonomiese pilaar wat tans herstel begin toon.

“Beskermde gebiede, benewens die bewaring van spesies en habitatte, is ook ons voorste toeriste-aantreklikhede en sal die sleutel tot die herstel van die sektor wees. Die instandhouding en ontwikkeling van infrastruktuur in beskermde gebiede bly ֹ’n topprioriteit van die ministerie.”

Hy het gesê alle beskermde gebiede vereis ’n padnetwerk wat goed instand gehou word om te verseker dat toeriste ’n goeie ervaring het.

HARDE WERK

Nghitila het gesê hulle is tevrede met die vordering en gehalte van die werk wat onderneem word en is veral dankbaar teenoor die Padfondsadministrasie (RFA) vir sy volgehoue ondersteuning van die projek.

“Die ministerie het ook gedurende die oorsigtydperk dringende opgradering van ongeveer 450 kilometer se grondpaaie binne Etosha onderneem.”

Hy het gesê die ministerie is verder besig om heinings in verskillende nasionale parke op te gradeer om mens-dier-konflik te verminder, wetstoepassing te versterk en onwettige toegang tot nasionale parke te bekamp.

“Tot op hede is ongeveer 160 km van Etosha se paaie ten volle opgegradeer, en baie moet nog gedoen word.”

NUWE BENADERING

Nghitila het gesê deur hul interne kapasiteit en met die Nasionale Jeugdiens en vrywilligers van aangrensende bewaringsgebiede, het hulle daarin geslaag om ’n loodsprojek van 7,5 km se heining in die Onanke-gebied in die noorde van die park te voltooi.

“Ons sal hierdie benadering in Etosha en in ander nasionale parke in 2024 uitbrei.”

Hy het verder gesê die ministerie sal voortgaan om met alle belanghebbendes saam te werk om te verseker dat klimaatsveranderingkwessies geïntegreer word in alle aspekte van ontwikkelingsinisiatiewe en bewaringspogings.

Nghitila het gesê die ministerie is opgewonde oor en ten volle verbind tot die ontwikkeling van die groenwaterstofbedryf en het grond in die Tsau //Khaeb Nasionale Park aangewys vir die Suidelike Korridor-ontwikkelingsinisiatief vir groen waterstof.

[email protected]

Kommentaar

Martin Nel 1 Jaar Gelede09 January 2024

Dit is goeie nuus. Ek was gedurende Junie 2023 in die park en die hoofroete vanaf Okaukuejo na Halali was onrybaar. Die roete vanaf Okaukuejo via Okondeka na die Sprokieswoud was onrybaar.

Rapporteer

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 28° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 19° | 35° Windhoek: 19° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 19° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 19° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 20° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 21° | 33° Lubumbashi: 16° | 22° Mbabane: 17° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 20° | 33° Windhoek: 19° | 33° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 29° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!