NOT TRUE: Fabupharm says it has not bypassed bidding processes to win a multi-million dollar bid.
NOT TRUE: Fabupharm says it has not bypassed bidding processes to win a multi-million dollar bid.

Fabupharm ‘hét getender’

Inligting in die sosiale media glo verkeerd
Die goewerneur van die sentrale bank het sy aandele in EOS Capital as belegger verkoop om konflik van belange te vermy.
Henriette Lamprecht
Ogone Tlhage – Fabupharm het ontken verskeie tenders vir die verskaffing van mediese voorrade aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike welsyn is aan die maatskappy toegeken sonder dat daarvoor getender is.

Die Affirmative Repositioning (AR) se Job Amupanda het beweer tenders vir die verskaffing van 38 items met ’n waarde van N$400 miljoen is aan Fabupharm toegeken sonder dat ’n tenderproses gevolg is. Die rede is glo danksy die maatskappy se status as vervaardiger. Die bewering was dat slegs ses uit die 38 items deur Fabupharm vervaardig word, terwyl die res uit Portugal ingevoer gaan word. Die goewerneur van die Bank of Namibia (BoN), Johannes !Gawaxab, is ook by Amupanda se beweringe betrek.

Fabupharm-raadslid Fanie Badenhorst het egter ontken dat die Sentrale Verkrygingsraad (CPBN) die maatskappy voorgetrek het en sê dit het wel vir die verskaffing van die items getender.

“Daar was ’n tenderproses. Ons het ’n tenderaanbod ingedien, maar die uitslae is nog nie amptelik bekend gemaak nie. Ek was nie daarvan bewus dat ’n tender aan ons toegeken is nie. Die inligting in die sosiale media is verkeerd,” het Badenhorst gesê.

Volgens hom vervaardig Fabupharm alle produkte buiten twee antibiotiese produkte by sy fabriek op Otjiwarongo.

!Gawaxab het op sy beurt gesê hy het sy sakebelange in EOS Capital opgesê wat as ’n belegger in Fabupharm gedien het. !Gawaxab was EOS Capital se uitvoerende voorsitter voordat hy die leisels by die sentrale bank oorgeneem het.

“Dit is ’n maklike storie om te verkoop, maar van alle waarheid ontbloot dat Johannes !Gawaxab by Fabupharm betrokke is. Almal weet ek het my aandele in EOS verkoop om konflik van belange te vermy toe ek die goewerneur van die Bank of Namibia geword het, het !Gawaxab gesê.

Hy het Fabupharm ook verdedig en gesê dit is ’n werklike vervaardiger.

“Toe ek betrokke was, was Fabupharm die enigste, werklike farmaseutiese vervaardiger in Namibië, nie ’n verspreider of ’n herpakker nie. Hulle het sowat 80 mense in diens, ’n moderne fabriek wat produkte vervaardig, is jaarliks deur die relevante ministerie inspekteer en is reeds vir meer as 20 jaar operasioneel. Enigeen kan gaan en dit inspekteer,” het !Gawaxab gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!