Finansminister lewer N$106 mjd.-begroting
Stryd teen korrupsie ontvang N$100 m. meer
Die hervorming van die ekonomie om meer inklusief, regverdig en billik te wees was in haar agterkop met die opstel van die begroting, sê die minister.
Die nuwe minister van finansies en maatskaplike toelaebestuur, Ericah Shafudah, was gister opgeruimd tydens haar voorlegging van die nasionale begroting voor die parlement.
Die regering beplan spesifiek om teen 31 Maart 2026 ongeveer N$89,4 miljard aan 40 verskillende ministeries, kantore en agentskappe te bestee.
Toekennings wat aandag mag trek, sluit in N$100 miljoen vir Meatco, N$320 miljoen vir TransNamib en N$116,5 miljoen vir die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC). Verlede jaar is slegs N$10 miljoen aan die ACC toegeken.
Die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling sal N$2,7 miljard ontvang, terwyl N$7,5 miljard aan verdediging bestee kan word. Die president se kantoor sal in die komende boekjaar N$1,5 miljard kan bestee.
Die grootste toekenning gaan weer eens aan onderwys, met ongeveer N$24,8 miljard wat aan hierdie ministerie toegeken is. Dié toekenning sluit die betrokke ministerie se beplande besteding aan vernuwing en kultuur in.
Shafudah se eie ministerie van finansies ontvang N$14,6 miljard, insluitend N$7,2 miljard vir die nuwe mandaat om welsynstoelaes te bestuur.
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ontvang ongeveer N$12,27 miljard, terwyl meer as N$7,88 miljard aan binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit vir die boekjaar toegeken is.
Volgens die minister was die hervorming van die ekonomie om meer inklusief, regverdig en billik te wees in haar agterkop met die opstel van die begroting. Makliker toegang tot finansiering vir jongmense was deel van haar motivering, het sy gesê.
“Die tempo waarteen die ekonomie werksgeleenthede skep bly ooglopend onvoldoende.
“In ooreenstemming met die nuwe administrasie se verbintenis om maatskaplike uitdagings op te los, het ons nodig om ons pogings te verdubbel om toestande te bevorder wat werksgroei bevorder,” het sy gesê.
Shafudah sê verder dat sy haar begroting gebaseer het op die pilare van ekonomiese ontwikkeling, welsynbeskerming, jeugbemagtiging en voedselproduksie.
Hoogtepunte sluit in die verhoging in die nasionale ontwikkelingsbegroting met 22,6% tot N$12,8 miljard, sê sy.
Shafudah sê dit beteken dat die ontwikkelingsbegroting nou 4,6% van die bruto binnelandse produk (BBP) is, vergeleke met 4,2% oor die vorige boekjaar.
Vir pensioenarisse sal dit goeie nuus wees om te hoor dat die perk op pensioenbedrae wat vroeër geëis kan word vanaf N$50 000 tot N$375 000 verhoog word.
“Hierdie ingryping sal die besteebare inkomste van senior burgers verhoog,” sê Shafudah.
Die regering se belastingamnestieprogram word ook tot 31 Oktober 2026 verleng.
Geslagsgelykheid en kinderwelsyn sal ’n begroting van N$473,6 miljoen vir die komende boekjaar ontvang, terwyl sowat N$1,3 miljard vir sport, jeug en nasionale diens bewillig is.
Shafudah het daarop gewys dat die sportbegroting ook N$200 miljoen vir nuwe stadions, N$200 miljoen vir basiese sportinfrastruktuur landswyd en N$50 miljoen vir sportligas insluit.
Ongeveer N$780 miljoen is ook opsy gesit om nuwe gesondheidsinfrastruktuur landswyd te bou.
Die ministerie verantwoordelik vir vervoer sal ’n begroting van N$2,7 miljard ontvang, waaruit die opgradering van die Kranzberg-Otjiwarongo-spoorlyn ook betaal sal word.
Die tweede fase van die Neckartaldam-besproeiingsprojek sal uit ’n N$2,6 miljard-begroting vir landbou en grondhervorming gefinansier word, sê die minister.
Die ministerie van nywerheidsontwikkeling, myne, energie ontvang N$939,5 miljoen vir die volgende boekjaar, terwyl die omgewing en toerisme N$797,6 miljoen ontvang om te bestee.
Wat sondebelasting betref en in ooreenstemming met Artikel 21 van die SACU-ooreenkoms, het ’n verhoging van 6,75% in aksynsbelasting op die verbruik van alkohol en tabak op 12 Maart 2025 in werking getree.
’n Liter vonkelwyn sal N$1,20 meer kos, ’n liter 750 ml-bottel hardehout sal met N$5,53 styg en ’n pakkie van 20 sigarette styg met N$1,04.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie