Geen beloftes aan Hyphen oor lisensies, sê Alweendo
Onderhandeling steeds aan die gang
Die grond wat vir die groenwaterstofprojek oorweeg word, beslaan minder as 1% van die die Tsau //Khaeb Nasionale Park (voorheen die Sperrgebiet).
Henriette Lamprecht - Geen beloftes is aan Hyphen Hydrogen Energy (Hyphen), die verkose bieër van die land se groenwaterstofprojek (GH2) van US$10 miljard, gemaak om nie vir die volgende 42 jaar enige mynlisensies in Namibië se kusgebiede uit te reik nie.
Die regering gaan ook nié huise vir werknemers van Hyphen in Lüderitz bou nie.
Die minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, het in die Nasionale Vergadering reageer op vrae van mnr. Nico Smit van die Popular Democratic Movement (PDM) en beklemtoon die ||Kharasstreek oor die algemeen en in veral Lüderitz, gaan een van die snels groeiende streke en dorpe in die land word.
Nie net oor die groenwaterstofprojek nie, maar ook die onlangse ontdekking van olie.
Volgens Alweendo onderhandel die regering tans met die twee oliemaatskappye Shell en Total Energies om te verseker hul werksaamhede geskied vanuit Lüderitz en nie Walvisbaai nie.
“Dit is vanselfsprekend dat behuising ’n belangrike element gaan word wat in die toekoms saam met die ekonomiese ontwikkeling in die streek sal gaan.”
Met verwysing na die gebruik van grond, het Alweendo gesê onderhandelinge met Hyphen handel oor hoe die energie-infrastruktuur wat gebou gaan word, saam met huidige myninfrastruktuur kan bestaan.
“Namibië sal die wenner wees as beide die twee bedrywe saam kan bestaan,” het hy gesê.
Die minister het ontken die grondgebruik waaroor onderhandel word, dek die hele kusgebied. Volgens hom is die grond wat in oorweging vir die projek is in die Tsau //Khaeb Nasionale Park (voorheen die Sperrgebiet) en beslaan dit minder as 1% van die nasionale park.
Alweendo het erken die regering onderhandel oor ’n billike aandeel met die verkose bieër. Die bedrag en voorwaardes van die aandeelhouding moet nog oor besluit word en verskeie opsies word oorweeg in terme van die mees geskikte struktuur om die potensiële nasionale bate te huisves.
Met verwysing na die voordele wat uit die beoogde projek vir Namibiërs sal voortvloei, het Alweendo beklemtoon onderhandelinge met die voornemende ontwikkelaars is steeds aan die gang. Vanuit die regering se oogpunt gaan die regering egter meer as net tradisionele belasting ontvang.
“Die strewe is daar om betekenisvolle eienaarskap en strategiese welvaart te skep deur middel van verskeie meganismes en wat aandeelhouding in die beoogde maatskappy insluit.”
Volgens die minister sal infrastruktuur soos hawens, paaie, kraglyne en meer verbeter of nuut gebou word.
Afhangend van die finale uitkoms van die onderhandelinge, sê Alweendo die projek kan oor ’n leeftyd ’n interne opbrengskoers van meer as 15% van die regering se belegging, tantième van meer as EUR4 miljard, inkomstebelasting van meer as EUR900 miljoen en konsessiefooie van meer as EUR600 miljoen inbring.
Volgens hom is onderhandelinge met Hypen nog aan die gang oor werkskepping, ondersteunende infrastruktuur, sowel as die ontwikkeling van vaardighede.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie