‘Geen genade’ ná kans vir amnestie
Elizabeth //Kheibes - Die Namibiese polisie (Nampol) sal “geen genade toon” ná die vuurwapen-amnestietydperk wat op 30 September tot ’n einde loop nie.
So sê die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, Albert Kawana.
Volgens die minister is altesaam 1 312 vuurwapens en ’n verdere 2 710 stuks ammunisie gedurende die 2022-amnestietydperk in September verlede jaar in al 14 streke vrywilliglik aan die polisie oorhandig.
Die Oshikotostreek het die hoogste oorhandigingsyfer gehad met altesaam 1 239 vuurwapens en 1 808 stuks ammunisie.
“Die duur van amnestie-maand is daarna verleng tot 2030 deur die 14de buitengewone sitting van die vergadering van die unie oor die stilmaak van vuurwapens in Afrika wat in Desember 2020 in Johannesburg gehou is,” het Kawana gesê.
Dié besluit lui dat alle persone wat onwettige vuurwapens, ammunisie en ander verwante material in hul besit oorgee, nie aan openbaarmaking, vernedering, arrestasie of vervolging onderwerp sal word nie.
“Dit maak verder voorsiening daarvoor dat persone wat versuim om hul onwettige vuurwapens, ammunisie en ander verwante materiaal buite die Afrika-amnestiemaand oor te gee, outomaties geag sal word as oortreders van die nasionale en die amnestiewette en sal dus vervolg word volgens die nasionale wette van die lidstaat,” het Kawana gesê.
GEEN GENADE
Kawana het bygevoeg eienaars van vuurwapens en ammunisie wat voorheen by misdade betrokke was, sal dienooreenkomstig aangekla word wanneer hulle hul vuurwapens oorgee.
In 2021 was daar onduidelikheid hieroor en Kawana het gesê Namibiërs moenie verward wees nie.
Anne-Marie Nainda, Nampo se adjunk-inspekteur-generaal, het gesê die publiek moet verseker wees dat hulle nie aangekla sal word wanneer hulle vrywillig vuurwapens afgee tydens amnestiemaand nie.
“Laat my toe om die breër publiek te verseker dat die Namibiese polisiemag gereed is om elke individu te verwelkom om alle ongelisensieerde wapens, ammunisie, wapentuig, ongewenste, gebreekte wapens en ander verwante materiaal oor te gee sonder om strafregtelik aangekla of gearresteer te word vir die tydperk van 1 tot 30 September 2023,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar