Geleenthede mag voortgaan, sê ministerie
Namibiërs moet optree soos ‘’n nasie in rou’
Daar is gister meer duidelikheid gegee oor die aanbieding van geleenthede tydens die nasionale routydperk.
“Die doel is nie om die regte of vryheid van enigiemand te onderdruk nie.”
Só het die adjunkminister van inligting en kommunikasietegnologie, Modestus Amutse, gister by die regering se inligtingsentrum (GIC) gesê.
Hy sê die regering se aankondiging oor gebeure wat tydens die nasionale routydperk vir die ontslape stigterspresident Sam Nujoma geskeduleer is, is nie bedoel om aan Namibiërs voor te skryf nie. Hy het verduidelik die regering wil Namibiërs eerder aanmoedig om soos ’n nasie in rou op te tree.
Amutse het ook aan Network Media Hub (NMH) bevestig dat private byeenkomste wat vooraf beplan is, soos troues, kan voortgaan.
“Ons verstaan daar is kulturele gebeure wat ’n mens nie kan uitstel nie. In baie kulture, selfs al sou jou ouer sterf, sou jy steeds met jou troue voortgaan op die dag wat dit beplan is,” het hy gesê.
Amutse verduidelik daar is tans geen planne om op te tree teen diegene wat steeds geleenthede aanbied nie.
“Dis nie ’n beperking nie, maar eerder ’n beroep op die publiek om op ’n manier op te tree wat gepas is vir ’n nasie wat in rou is,” sê hy.
Amutse het gister by die GIC aangekondig dat alle staatsbyeenkomste wat ’n herdenking of ’n viering van een of ander aard is, opgeskort sal word.
Sportbyeenkomste sal sonder toeskours toegelaat word vir “voorbereidingsdoeleindes”. Atlete wat buite Namibië reis vir sport word nie deur hierdie besluit geraak nie.
Voorafbeplande skole-atletiek kan voortgaan, het Amutse aangekondig, as hulle die “nodige bedagsaamheid van nasionale rou” betoon.
Private byeenkomste word ook nie verbied nie. Dié byeenkomste moet ook “voldoen aan die nodige bedagsaamheid wat ooreenstem met die routydperk”.
Rakende die definisie van geleenthede wat as oneerbiedig beskou kan word, het Amutse gesê: “Dit het nie regulering nodig nie – dit het ons bekwame gedagte nodig dat as ons rou oor iemand wat ons respekteer, en die Namibiese mense het beslis respek vir en het respek gehad vir die stigterspresident, is die beste manier om dit te doen die manier wat volgens ons die geskikste is om respek te toon, deur nie te gaan kuier nie. Wanneer ons in rou is, hou ons nie terselfdertyd vieringe nie.”
Hy verduidelik die definisie van vieringe by die publiek berus.
“Ons glo die publiek sal ook in die beste posisie wees om te bepaal wat vieringsaktiwiteite mag wees en dit is die aktiwiteite wat ons die nasie versoek om hulle van te weerhou,” het hy gesê.
Dit is juis hoekom die ministerie nie op enige wetgewing steun as rede vir sy aankondiging nie, het Amutse verduidelik.
“Ons doen ’n beroep op ons mense, die Namibiese mense, dat ons onsself in hierdie omstandighede bevind en hierdie is die beste wat ons kan doen om ons leier te vereer,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie