Gesondheidsministerie ontken enige nalatigheid
Man glo dood ‘met aankoms’
Die gesondheidsorgwerkers by die sentrum beweer daar is geen bewyse om die bewering te staaf dat die persoon dood is terwyl hy gewag het om behandeling te ontvang nie.
Nadat ’n man verlede week by die Katutura-gesondheidsentrum in Windhoek dood is, het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste bewerings van nalatigheid ten sterkste ontken.
Die ministerie beweer die mediaberigte het onakkurate inligting bevat deur te sê dat ’n pasiënt gesterf het terwyl hy vir mediese hulp gewag het.
Luidens die ministerie se verklaring was hy reeds dood met sy aankoms by die sentrum.
’n Verpleegster het glo die oorledene versorg met sy aankoms by die sentrum op 6 Mei en het na bewering sy toestand vinnig vasgestel.
Volgens die verpleegster het die manlike pasiënt nie gereageer nie en geen tekens van lewe getoon nie.
GEBEURE
Die gesondheidsorgwerkers by die fasiliteit beweer – gebaseer op die volgorde van gebeure en hul waarnemings – dat daar geen bewyse is om die bewering te staaf dat die persoon dood is terwyl hy gewag het om behandeling te ontvang nie.
Dit kom nadat die man wat die pasiënt ingebring het, glo gesê het dat hulle eers omstreeks 17:00 die Hakahana-kliniek besoek het voordat hulle na die genoemde gesondheidsentrum verwys is aangesien die Hakahana-kliniek gesluit was.
’n Verpleegster wat nie aan diens was nie en buite die Hakahana-kliniek vir vervoer gewag het, het bepaal dat die pasiënt se polsslag laag was. Sy het die bestuurder aangeraai om na ander klinieke te gaan wat 24 uur per dag oop is.
Sowat 50 minute later het die pasiënt by die gesondheidsentrum aangekom, waar ’n verpleegster, ’n senior verpleegster en ’n dokter glo na hom omgesien het. Hul ondersoek het na bewering getoon dat die man reeds dood was.
WOORDEWISSELING
Die dokter het opdrag gegee dat die oorledene na die sentrum geskuif moet word om die dokumentasie te voltooi en dat die liggaam dan na die lykshuis vervoer moet word.
In ’n stadium het ’n hewige woordewisseling glo tussen die mediese personeel en ’n polisiebeampte ontstaan, wat na bewering daarop aangedring het dat polisiebeamptes die liggaam moet verwyder aangesien die saak nou deur die polisie ondersoek word.
Die pasiënt se liggaam is eers twee ure later vir ’n nadoodse ondersoek geneem.
Die ministerie het lede van die publiek versoek om hulle toe te laat om hul pligte sonder inmenging uit te voer.
Die polisie het voorts die media en joernaliste versoek om nie ongeverifieerde inligting te versprei nie, veral oor sensitiewe sake soos in hierdie geval.
Die ministerie sal ’n nadoodse ondersoek uitvoer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie