Groenskemas kry te min
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het ’n begroting vir landbou en grondhervorming van meer as N$1,937 miljard in die Nasionale Vergadering vir die 2024-’25-finansiële jaar ter tafel gelê.
Volgens adjunkminister Anna Shiweda verteenwoordig die begroting ’n toename van 8,8% van verlede jaar se toekenning van meer as N$1,768 miljard.
Shiweda het haar kommer uitgespreek oor die droogte: “Alle aanduidings dui op ’n dreigende droogte of op wydverspreide misoeste. Namibië gaan heel waarskynlik wydverspreide misoeste ervaar wat tot ernstige voedseltekorte sal lei.”
Sy sê die land sal waarskynlik ’n erge tekort aan veral stapelgraangewasse, soos mielies en mahangu, ervaar wat van buurlande Suid-Afrika, Zimbabwe en Zambië ingevoer moet word.
Shiweda het gesê sowat N$1,387 miljard is vir bedryfsuitgawes geoormerk, wat 71,6% van die totale begrotingstoekenning verteenwoordig. Daarbenewens beloop die voorgestelde ontwikkelingsbegroting onder hierdie toekenning N$550 miljoen, wat 28,4% van die totale begroting verteenwoordig.
“Die ministerie is veldgebaseer wat menslike hulpbronne, voertuie, masjinerie en toerusting benodig om dienste soos veeartsenykundige en landbouvoorligtingsdienste te lewer,” het Shiweda gesê.
“Dit is kommerwekkend dat uit die verhoging van 8,8%, salarisse 4,6% verteenwoordig om te verseker dat ons sigbaar is in al 121 kiesafdelings van ons land, 4,1% is vir die ontwikkelingsbegroting en slegs 0,3% is vir ander dienste van operasionele aard.”
In totaal word 51,7%, ofte wel sowat N$1,001 miljard, vir die ontwikkeling van die landbousektor geoormerk; N$270,444 miljoen (14%) vir grondhervorming en hervestiging; N$158,017 miljoen (8,2%) vir grondadministrasie, terwyl N$507,005 miljoen (26,1%) vir beleidskoördinering en ondersteuningsdienste toegeken is.
Met betrekking tot die Neckartaldam fase 2-besproeiingsprojek het die ministerie 19 137 hektaar (ha) grond teen N$19 miljoen bekom. Tot dusver is 500 ha gereed vir ontwikkeling, volgens Shiweda.
“Vir hierdie doel is die ministerie in die proses om konsultasiedienste te bekom vir die ontwerp en ontwikkeling van die besproeiingstelsel vir die 500 ha wat in die onmiddellike omgewing van die dam is.”
Gedurende die 2024-’25-finansiële jaar is ’n bedrag van N$65 miljoen toegeken aan die groenskema-projekte, insluitend die Neckartaldam fase 2-besproeiingsprojek. Dis ’n afname van 54% van die laaste toekenning van N$120 miljoen.
Shiweda sê om produksie by die groenskema-projekte optimaal te benut, word ’n totale bedrag van N$400 miljoen nog gedurende die 2024-’25 finansiële jaar benodig.
“Hierdie bedrag sluit die fondse in wat benodig word vir verdere ontwikkeling van die Etunda-besproeiingsprojek en die totale opknapping van groenskemas, wat realisties is om hierdie projekte vir die volgende 15 tot 20 jaar ononderbroke te laat funksioneer.
“Dit beteken dat die huidige toekenning van N$65 miljoen slegs 16% van die vereiste bedrag is,” het Shiweda bygevoeg. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie