Afgevaardigdes van die Oekraïne en Rusland vergader gister in Belarus se Gomelstreek. Foto Nampa/AFP
Afgevaardigdes van die Oekraïne en Rusland vergader gister in Belarus se Gomelstreek. Foto Nampa/AFP

Help ons vlugtende burgers, vra Namibiese regering

Ronelle Rademeyer
Die Namibiese regering het ’n beroep gedoen op die regerings van Pole, Belarus, Slowakye, Hongarye en Roemenië om 114 Namibiërs, van wie 93 studente is, van laissez-passer-reisdokumente, skuiling en kos te voorsien wanneer hulle met busse en treine vanuit Oekraïne by dié lande se grense aankom.

’n Laissez-passer is ’n veilige e-reisdokument wat in sekere gevalle en onder sekere voorwaardes deur die Europese Unie (EU) uitgereik word.

Intussen is die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking (Mirco) in gesprek met verskeie belanghebbendes soos die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en die ministeries van hoër onderwys, finansies, binnelandse sake, veiligheid en sekuriteit asook verdediging om die veilige repatriasie van die Namibiese burgers te verseker.

“Die regering volg noukeurig die uitdagende situasie waarin die Namibiërs hulle bevind nadat hulle uit die Oekraïne moes vlug,” sê amb. Penda Naanda, uitvoerende direkteur van Mirco.

Hy het gestrande burgers versoek om die relevante owerhede van hul situasie in kennis te stel. “Net so word die ouers en familielede van gestrande Namibiërs versoek om Mirco by te staan met alle toepaslike inligting,” sê Naanda . Terwyl afgevaardigdes van die Oekraïne en Rusland gister in die stad Gomel in Belarus samesprekings gevoer het, is die eerste spesiale noodvergadering van die Verenigde Nasies (VN) se veiligheidsraad sedert 1982 gehou.

Reuters berig die G7 sou ook gister om 16:15 ’n telefoniese gesprek met die sekretaris-generaal van Navo, hoofde van die EU, sowel as die leiers van Roemenië en Pole hê.

Minstens 400 000 vlugtelinge uit die Oekraïne het reeds in die EU aangekom. Reuters berig Ylva Johansson van dié groep van lande moet voorberei vir nóg miljoene aankomelinge. WAAR OM HULP TE KRY

Gestrande Namibiërs en hul families is versoek om Namibië se diplomatieke sendings in Oostenryk, Duitsland en Rusland te kontak. Die besonderhede is as volg:

Oostenryk

E-pos: [email protected]

Kontaknommer: 43 140 29 371

Duitsland

E-pos: [email protected]; [email protected]

Kontaknommers: 49 173 394 8084; 49 176 209 8079; 49 173 638 8730

Rusland

E-pos: [email protected]; [email protected]; [email protected]

Kontaknommers: 791 5013 9960; 792 5888 5094

-– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!